AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kabeljou-reus speel bankrot

Albei Oos-Londen se visfabrieke is enkele maande uit mekaar in likwidasie geplaas.

Die hoop dat ’n bloeiende visbedryf in Oos-Londen gevestig kan word, het die afgelope tyd groot terugslae ervaar nadat Suid-Afrika se grootste teelplaas, Pure Ocean, en grootste kommersiële produksieplaas, OceanWise, binne maande uit mekaar in likwidasie geplaas moes word.

OceanWise is sedert einde Julie in likwidasie, en Pure Ocean sedert Maart. Mnr. Hannes Müller van die Tshwane-trust, wat deur die likwidateurs aangestel is om OceanWise te bestuur, sê die is plan om die onderneming as ’n lopende saak te verkoop. Dit sal weens regulatoriese vereistes egter ’n omslagtige proses wees.

“Die voornemende koper moet by verskeie regeringsorganisasies geregistreer word omdat die Regering, deur die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, ’n noemenswaardige aandeel in die onderneming het.

“ ’n Tender-advertensie is vir die koop van OceanWise gepubliseer en sluit op 22 September. Indien daar nie ’n koper is nie, sal ons die toerusting van die hand moet sit, wat ons nie graag wil doen nie,” sê Müller.

Projeksies

Mnr. Etienne Hinrichsen, ’n kenner van die Suid-Afrikaanse akwakultuurbedryf, sê die aanvanklike projeksies met betrekking tot die grootte van die mark en die behaalbare prys per kilogram vir kabeljou was klaarblyklik nie akkuraat nie.

“Toe die bedryf bykans ’n dekade gelede op die been gebring is, is daar voorspel dat tot R90 per kilo gram met kabeljou verdien sal kan word. Woolworths het ’n paar jaar gelede ’n geruime tyd lank ’n groot veldtog gehad om die vis te bemark, maar dit het eenvoudig nie teen die hoë pryse verkoop nie.

“Die probleem is dus dat die produksiekoste van kabeljouboerderye in hersirkuleringsaanlegte te hoog is en die prys nie goed genoeg is om die koste te dek nie,” sê hy.

Skaal

Mnr. André Bok, besturende direkteur van die nabygeleë Pure Ocean, is ondanks die bankrotskap van OceanWise optimisties oor die toekoms van die bedryf. “Ons is in Maart vanjaar gelikwideer, maar ons was nog nooit ’n ekonomies lewensvatbare onderneming nie; net ’n skaalbedryf (wat navorsing doen en lewensvatbaarheid toets).

“Tranquility Marine, ons nuwe beleggers, meen ons het die regte tegnologie om ons teelplaas, die grootste in die land, kommersieel te bedryf en ook om ons kommersiële kabeljou- en geelstertproduksie-aanlegte uit te brei. Die mark is beslis daar. Omdat ons op aanvraag kan lewer, kan ons, soos ander nywerheidsaanlegte, ons produksieskedule beplan en koste goed bestuur.”

Mnr. Liam Ryan, besturende direkteur van OceanWise, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.7%
Rand - Pond
19.05
+1.8%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,636.87
-0.4%
Silwer
18.54
-1.7%
Palladium
2,087.50
+0.7%
Platinum
860.00
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot