AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Kabinet hoor van probleme in landbou

By die jaarlikse ontmoeting tussen die landbou en verskeie Wes-Kaapse ministers, is ’n hele rits nuwe probleme waarmee boere stoei op die agenda geplaas.

By die tweede jaarlikse ontmoeting tussen die landbou en verskeie Wes-Kaapse ministers op Worcester, is ’n hele rits nuwe probleme waarmee boere daagliks stoei op die agenda geplaas.

En me. Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het gewaarborg dat elkeen van daardie probleme die kabinetslede se aandag sál geniet. 


Nuwe sake op die agenda

Terwyl probleemdiere, wildboerdery en kratkarlisensies verlede jaar die botoon gevoer het, is sake oor onderwys, heinings langs paaie, die beeld van die landbou, gaseksplorasie en kabeldiefstal vanjaar onder die Regering se aandag gebring. 


Benewens die sakesektor, is die landbou die enigste bedryf wat bevoorreg genoeg is om só ’n vergadering met die Wes-Kaapse kabinet te kry.


“Die sektor dra 21% van die waarde van Suid-Afrika se landbouproduksie by en sorg vir 45% van die land se landbou-uitvoer.  Die landbou speel ’n kernrol in die landelike omgewing en skep werk vir meer as 121 000 mense in die provinsie,” het Zille die belangrikheid van die bedryf opgesom.


Botsende wetgewing

Mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het onder meer gesê boere ondervind probleme met die botsende wetgewing oor brandbane en omgewingsbewaring. Hy sê  boere is ook bekommerd oor die herstel van riviere en infrastruktuur ná natuurrampe.


Hy het onder meer gevra dat die ramphulp vir vloedskade in die Hexriviervallei in 2007 uitgesorteer word. Ander probleme is die heinings langs die provinsie se paaie, gaseksplorasie en prospektering wat toeneem en die uitsluiting van die landbou in belangrike beplanningsforums. Tolpaaie, die behuisingsnood van plaaswerkers, aksynsbelasting en landelike veiligheid is ook op die agenda geplaas.


Beter leierskap bepleit

Vanaf die United South African Agricultural Association (USAAA) se kant het mnr. Trevor Abrahams gepleit vir beter leierskap, samewerking in die landbou en die instandhouding van toegangspaaie. Mnr. Ivan Cloete van Afasa meen bestaansboere moet groter ondersteuning geniet.


Zille het belowe elke probleem wat op die vergadering geopper is, sal aandag geniet.


“Ek dink dit was ’n ongelooflik goeie vergadering en ek is baie bly die mense praat eerlik en opreg, want dan kan ons die probleme onder die loep neem. Baie van die probleme is vanjaar anders, wat beteken ons het verlede jaar se probleme suksesvol opgelos. Ek glo ons kan elke jaar ’n bietjie verbeter,” het die Premier gesê.


19 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.1%
Rand - Pond
21.07
-0.1%
Rand - Euro
18.85
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
975.03
+0.1%
Palladium
1,632.66
+0.5%
Goud
1,877.44
+0.3%
Silwer
22.48
+0.6%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot