AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kalifornië: Ergste droogte in 500 jaar

Boere spook om gesaaides nat te lei en talle vrees hulle gaan oeste verloor. Kalifornië was nie in 500 jaar so droog nie.

Volgens paleoklimatoloë was Kalifornië nie die afgelope 500 jaar so droog soos nou nie. Verlede jaar was die droogste jaar sedert in 1849 begin boekhou is van reënvalsyfers. Dis trouens só droog hier dat gemeenskappe twis oor die bietjie water wat oor is, plaaslike munisipaliteite pas rantsoenering met kwaai boetes toe en brande verwoes die staat. Spesies en bedrywe word in die geheel bedreig en etlike landelike gemeenskappe loop gevaar om binne dae sonder water te sit.

Die droogte in dié staat is trouens so erg dat ’n noodtoestand afgekondig is, pres. Barack Obama het sy steun beloof en federale regeringsamptenare kom na vore om die staat se kwesbaarste groepe te beskerm. Met net sowat sewe duim reën vir 2013 – ver onder die gemiddelde van 22 duim in Kalifornië – droog fonteine op en talle opgaardamme is maar sowat 30% vol.

Die sneeu wat op die Sierra saampak, en waarvandaan Kalifornië sowat ’n derde van sy water kry, was teen die einde van Januarie 88% onder sy gemiddelde. In sommige kringe bestaan kommer dat die gesmelte sneeu wat nou soveel minder is, kan lei tot die pomp van besoedelde grondwater, veral in benadeelde gebiede soos die San Joaquin-vallei in Kalifornië.   

Boere trek swaar
Kalifornië se boerderye is verantwoordelik vir 15% van die VSA se oesverkope. Vanjaar vrees talle boere hulle gaan hul hele oes verloor. Dit kan hoër kospryse vir Amerikaners beteken. Baie boere betaal peperduur vir skaars water om oeste te besproei. Ander boere wat nie die water kan bekostig nie, is verplig om hul lande braak te laat lê.

Veeboere trek ook swaar – hulle sukkel om hul vee te voer omdat daar nou soveel minder gras is. Sommige betaal meer vir alternatiewe bronne van voer en ander moet van hulle kuddes verkoop. In die Napa-vallei ervaar boere dat van die wingerde vroeër ryp word.

Droogte en ’n warmer klimaat maak Kalifornië ook besonder kwesbaar vir weghol-brande. Vanaf 1 tot 25 Januarie moes brandslaners op 406 veldbrande reageer.

Die gevegte oor water tussen Los Angeles en boere in die oostelike gedeeltes van Kalifornië is uitgebeeld in 1974 se fliek Chinatown. Naastenby ’n eeu sedert die aanvanklike konflik, is die gevegte oor water nog lank nie verby nie. Driemiljoen akker landbougrond (sowat 1,2 miljoen ha) en 25 miljoen mense van San Jose tot San Diego is vir hul waterbehoeftes van die Sacramanto- San Joaquin-delta afhanklik, maar omgewingsregulasies om bedreigde visspesies soos die delta smelt en salm te beskerm, beperk die hoeveelheid water wat daarvandaan uitgepomp mag word.

En terwyl boere veg vir die reg om hul oeste te besproei en omgewingsgesindes weer ekostelsels wil beskerm, is sosiale aktiviste kampvegters vir agtergeblewe gemeenskappe in gedeeltes van die staat waar minderheidsgroepe met ’n lae inkomste, uitgelewer is aan drinkwater van ’n swak gehalte. Terwyl boere besteding terugsny, verloor hul werknemers, hoofsaaklik Latyns-Amerikaners, hulle werk.

Wetstoepassing verskerp
In Sacramento is wetstoepassing verskerp insake waterbeperkings om grasperke nat te lei; boetes kan tot $1000 beloop, en in Santa Cruz mag restaurante net op versoek water vir hul kliënte aanbied. Nuwe swembaddens mag ook nie vol water gemaak word nie. Waterbeperkings geld ook vir huishoudings in sekere distrikte. In Marin County is inwoners selfs versoek om nie hulle motors te was nie, of om dit andersins net by omgewingsvriendelike karwasserye te laat doen.

Kalifornië het ’n groot skibedryf, maar vanjaar is daar bykans geen sneeu nie. Omtrent al die sneeu by vername ski-oorde is vanjaar met behulp van duur sneeumasjiene gemaak.  As dit nie vir die masjiene was nie, wat weer 'n klomp water vereis, sou die oorde waarskynlik moes sluit. Yosemite National Park, wat gewoonlik dié tyd van die jaar talle skiërs lok, bied nou voetslaanroetes en perdryuitstappies aan. In stede en dorpe naby die Sierra Nevadas, is daar ’n toename in bere, moontlik omdat die droogte ook bere se voedselbronne beïnvloed.

Weens klimaatsveranderings voorspel wetenskaplikes dat die uiterste droë toestande in die toekoms sal voortduur. Navorsers sal ook probeer vasstel hoeveel van die droogte in Kalifornië aan klimaatsveranderinge wat deur mense veroorsaak is, toegeskryf kan word.

Bron: Huffington Post.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.07
-0.8%
Silwer
20.50
-2.7%
Palladium
2,306.00
-0.7%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,719
-0.9%
Hulpbronne 10
63,598
-1.5%
Industriële 25
79,626
-0.6%
Finansiële 15
13,959
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot