AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kan die rand die mielieprys red?

Hoe ver moet die wisselkoers verswak voordat mielies teen gelykbreekvlakke uitgevoer kan word?

Die vorige weke is finansiële nuus deur die verswakking van die rand oorheers, met 'n gepaardgaande styging in die mielieprys.  Dit het die gedagte laat posvat dat die wisselkoers dalk die ridder op die wit perd vir vanjaar se mielieprys kan wees.

As gevolg van die groot verwagte oes verhandel mielies by uitvoerpariteitsprysvlakke. 'n Verhoging in die internasionale prys van mielies of 'n verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar het 'n verhoging in die uitvoerprys tot gevolg.

Op 27 Maart 2017 het die R/$-wisselkoers tot 'n intradag-hoogtepunt van R12,31 versterk. Dit is 'n vlak wat twee jaar gelede laas gesien is. Die Julie 2017-witmieliekontrak het op dieselfde dag tot 'n intradag-laagtepunt van R1677 per ton gedaal. Hierna het albei omgedraai en wit mielies het op 4 April tot so hoog as R2094 verhandel voordat dit effens teruggesak het. Julie 2017-witmielies se prys het in ses verhandelingsdae met R417 per ton tussen laagte- en hoogtepunte gestyg.

Invloed op pariteitspryse

Die rand het in dieselfde tyd tot R13,94 vir 'n Amerikaanse dollar verswak, 'n daling van R1,63 (tussen intradag-laagte- en hoogtepunte). Die prys van mielies op die Chicago Mercantile Exchange (CME) of internasionale prys het gedurende hierdie tyd min gewissel en het byna geen invloed op pariteitspryse gehad nie.

Graan SA publiseer gewasbegrotings vir mielies wat in die volgende streke opgedeel word: Noord-Kaap (besproeiing), Noordwes-provinsie, Sentraal- en Noordwes-Vrystaat, Oos-Vrystaat en die Oostelike Hoëveld. Die gemiddelde vaste- en veranderlike koste om mielies te produseer word vir elkeen van hierdie streke bereken en 'n gelykbreek JSE (Safexprys), met inagneming van die streke se vervoerdifferensiaal, word dan bepaal.

Hoewel die gelykbreek JSE of Safexprys tussen R2900 en R2200 per ton (pryse afgerond) wissel, moet die meerderheid produsente 'n Safex-prys van R2700 kry om koste te verhaal. Teen huidige prysvlakke realiseer mielieboere steeds 'n verlies, die verlies is net kleiner as twee weke gelede.

Hoe ver?

Teen huidige wêreld-prysvlakke vir mielies moet die wisselkoers tot ongeveer R18 per dollar verswak voordat Safexpryse tot R2700 sal styg (hierdie vlakke kan effens wissel, afhangende van watter parameters in berekenings gebruik word).

Die belangrikste plantmaande vir mielies in Amerika is April en Mei. Pryse is sensitief vir slegte nuus (té nat, té droog, ens.) en neig gewoonlik opwaarts. As internasionale pryse in hierdie tyd met ‘n halfdollar per skepel sou styg en die rand verswak tot rondom R16/dollar, kan Safexpryse ook tot gelykbreekvlakke styg.

Verliespryse vir boere

Dit is dus onwaarskynlik dat die wisselkoers tot oestyd sodanig sal verswak dat produsente nie verliespryse gaan realiseer nie, maar die huidige politieke klimaat sluit so ‘n verswakking glad nie uit nie.

Indien dit wel gebeur, sal dit ‘n duur redding wees. Die effek op volgende seisoen se koste om mielies te plant sal astronomies wees.

* Johann Strauss is 'n navorser by BVG Commodities

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot