AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kan hofuitspraak nuwe grondeise kelder?

Kan die Grondwethof se uitspraak oor grondeise die destruktiewe gevolg van die heropening van dié eise die nek omdraai?

Boere in Limpopo hoop die Grondwethof se uitspraak sal die destruktiewe gevolg van die heropening van grondeise finaal kelder.

Dr. Theo de Jager van Agri Limpopo verwelkom die Grondwethof se uitspraak dat die Wysigingswet op die Restitusie van Grondregte van 2014, wat die grondeise proses opnuut vir vyf jaar oopgestel het, ongrondwetlik is.

Agri Limpopo sê in 'n nuusverklaring die restitusiewet is 'n goeie een. Dis oor die uiterste swak toepassing daarvan, met halfgebakte prosedures en chaotiese administrasie, dat Agri Limpopo in 2006 reeds gekla het dat die grondeise-proses naas die Anglo Boere-oorlog die mees vernietigende impak op die landbou gehad het.

“Ondanks herhaaldelike versoeke kon die Grondeisekommissie in die 18 jaar ná die sluiting van die eerste ronde steeds geen volledige lys van grondeise gee nie, en het duidelik nie 'n benul van wat nog uitstaande is nie."

'Eise skep omvattende onsekerheid'

“Onafgehandelde eise skep omvattende onsekerheid onder grondeienaars, wat broodnodige belegging op plase demp en werkskepping in die wiele ry. Tussen 2004 en 2008 het grondeise 36 000 werkgeleenthede in Limpopo vernietig, en 'n slagveld van mislukte, gestroopte en verwaarloosde plase agtergelaat,” se De Jager.

Ten spyte van 'n onderneming wat die Grondeisekommissie in September 2014 tydens die Limpopo Transformasiekongres aan Agri Limpopo gegee het om eise te ontlys wat jare lank al in die Staatskoerant gelys is, maar nie deur die staat gekoop gaan word nie, het dit steeds nie gebeur nie.

De Jager sê die aantal grondeise wat in 1998 ontvang is, het op 'n onverklaarbare wyse van 63 000 tot 79 000 vermeerder. Een eis kan, soos in die geval van die Makgoba-eis in Tzaneen, 765 plase behels, of in die Maupa-eis in Mooketsi, altesaam 226 plase raak.

'Goedkoop politieke foefie'

“Die besluit in die aanloop tot die Algemene Verkiesing van 2014 – om die grondeise-proses te heropen – was 'n goedkoop politieke foefie wat die landbou baie duur te staan kom.

“Meer as 170 000 nuwe eise is reeds ingestel, baie daarvan op plase waar onafgehandelde eise reeds voor 1998 in die eerste ronde ingestel is. Onbestuurbare verwagtinge is geskep onder arm landelike gemeenskappe, sonder dat ooit in die begroting voorsiening gemaak is vir die aankoop van grond om die beloofde teikens te haal.”

De Jager sê die destabiliserende impak van teleurgestelde verwagtinge het regstreekse gevolge vir die veiligheid van boere op hul plase.

Agri Limpopo is aktief by die implementering van die grondhervormingmodel van Hoofstuk 6 van die Nasionale Onteieningsplan betrokke. Agri SA het ook sy verbintenis tot die model by sy laaste kongres herbevestig.

Boere in Limpopo glo dat dié model veel groter potensiaal het om suksesvolle grondhervorming teweeg te bring, en hoop dat die Grondwethof se uitspraak die destruktiewe gevolg van die heropening van grondeise finaal sal nekomdraai.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot