AFGRI
BEAN
27 Jan
-
9646,8
167,80
CORN
27 Jan
-
4639
67,00
SOYA
27 Jan
-
9560
78,00
SUNS
27 Jan
-
11500
-212,00
WEAT
27 Jan
-
6659,8
96,80
WMAZ
27 Jan
-
4530
-20,00
YMAZ
27 Jan
-
4540
16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Kanada gee R60 milj. vir nuwe entstowwe

Kanada het R60 miljoen bewillig vir die ontwikkeling en verbetering van entstowwe deur die LNR.

Krimpende staatsubsidies dwing die Landbounavorsingsraad (LNR) om al hoe meer op eksterne inkomste staat te maak om sy navorsingsprojekte aan die gang te hou.

Dr. Shadrack Moephuli, hoofbestuurder van die LNR, het met die bekendstelling van die organisasie se jaarverslag vir 2015-’16 gesê gedwonge begrotingsbesnoeiings het ’n groot impak op die raad se werk gehad.

“Daarmee saam het die boekjaar saamgeval met een van die ergste droogtes wat Suid-Afrika nog beleef het. Dit het die uitvoering en die resultate van veldproewe beïnvloed,” het hy gesê.

Parlementêre toelaes

Die LNR se parlementêre toelaes van die departemente van Landbou, Bosbou en Visserye en van Wetenskap en Tegnologie is met 15% tot R782 miljoen verminder. Gevolglik is die raad se begroting met R100 miljoen besnoei.

Ten spyte van hierdie terugslae het die LNR se eksterne inkomste, wat bestaan uit konsultasiedienste, diagnostiese dienste en produkte, met 7% tot R435 miljoen gestyg.

“Eksterne inkomste maak ’n groeiende deel van die LNR se begroting uit. In ’n poging om hierdie inkomste te vermeerder, is al hoe meer aandag gegee aan projekte om plaasprodukte te ontwikkel. Hierdie afdeling het met 18% gegroei,” het Moephuli gesê.

Bek-en-klouseer

Luidens die raad se jaarverslag is hy betrokke by ’n aantal projekte om nuwe entstowwe te ontwikkel wat spesifiek geskik is vir toestande in Afrika. Navorsers van die LNR se Onderstepoort- instituut vir Veeartsenykunde werk saam met navorsers van die Universiteit van Alberta in Kanada.

Hulle het finansiering van R60 miljoen van die Kanadese internasionale ontwikkeling- en-navorsingsentrum (IDRC) en Wêreldsake Kanada verkry vir die ontwikkel van nuwe entstowwe en die verbetering van bepaalde vee-entstowwe.

Onder die entstowwe wat in die projek ontwikkel word, is:

¦ ’n Multivalente entstof wat vee teen knopvelsiekte en slenkdalkoors beskerm, vir gebruik in Suider-Afrika.

¦ ’n Entstof teen knopvelsiekte en slenkdalkoors wat kleinvee ook teen runderpes by kleinvee (peste des petits ruminants) beskerm. Dié entstof sal in Kenia geregistreer word vir gebruik elders in Afrika omdat dié siekte nie in Suid-Afrika voorkom nie.

¦ ’n Entstof teen Afrika-varkgriep (ASF).

Vroeë proewe het belowende resultate opgelewer, maar bykomende werk is nodig om die stowwe te verfyn.

Verder is die LNR betrokke by die ontwikkeling van ’n entstof teen bek-en-klouseer wat minder afhanklik is van die koueketting.

Goeie proefresultate is ontvang met twee termo-stabiele entstowwe wat volle beskerming aan vee bied tot vyf maande nadat hulle ingeënt is.

Die LNR is besig met die aanbou van ’n aanleg vir die produksie van entstof teen bek-en-klouseer. Altesaam R188 miljoen is vir die aanleg opsygesit, waarvan R127 miljoen nog nie bestee is nie. Luidens die jaarverslag is die aanleg nog in aanbou omdat die beskikbare geld onvoldoende is om die oorblywende werk te voltooi.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.2%
Rand - Euro
18.70
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,006.25
+0.2%
Palladium
1,623.94
-2.6%
Goud
1,926.72
-0.1%
Silwer
23.63
-1.2%
Brent-ruolie
87.47
+1.5%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geskei, soek vriende, wat van 'n roadtrip iemand.???
Wel ek is baie rustigge mens, ek rook nie, ek drink nie, ek is gelukkig om net by my huis te wees, braai en lekker kuier, bosveld is my ding. Roadtrip enige iemand. ??
Iemand ordentlik asb
Ek is lief vir die lewe. Ek hou van kuier saam vriende en famile. Soek rus en vrede sonder drama
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot