AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'Kanola is landbou se top-presteerder'

Die kanolabedryf was die afgelope vier jaar die land se toppresteerder wat produksie betref.

“Die kanolabedryf is ’n ware suksesstorie vir Suid-Afrika en iets waarop die bedryf trots kan wees,” sê prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP).

Volgens die BFAP het die produksie in die bedryf sedert 2011 op ’n jaargrondslag met gemiddeld 6% gestyg. Meyer sê kanola is besig om aansienlik veld in die wintergraanproduksiegebiede te wen danksy die bydrae van meer volhoubare wisselboustelsels, waar die gewas met onder meer koring, gars en kuilvoergewasse geroteer word.

“Dié wisselboustelsels is doeltreffend vir die opbrengste van die ander gewasse en is die hoof-aansporing vir kanolaproduksie in veral die Suid-Kaap,” sê Meyer.

Meyer sê volgens data uit die Overberg-produksiestreek het die kanolaboere tussen 2010 en verlede jaar gemiddeld net meer as R2 500 per hektaar wins verdien, teenoor ongeveer R4 300 vir koring en R4 500 vir gars.

Tot R3 700 per hektaar

“Indien boere egter hul opbrengs met beter produksiemetodes en beter kultivars van gemiddeld 1,4 t/ha tot ongeveer 1,76 t/ha kan verhoog, sal die wins wat hulle behaal, soos geprojekteer vir vanjaar tot 2018, met dié van koring en gars kan meeding,” sê hy.

BFAP projekteer dié hoër opbrengs sal ’n wins van tot R3 700 per hektaar kan behaal. Daarteenoor sal koring en gars onderskeidelik R3 300 en R3 700 per hektaar verdien, gegewe die gemiddelde opbrengste en prysneigings die afgelope 10 jaar.

"Daar moet in ag geneem word dat boere in die Suid-Kaap die afgelope vyf jaar rekord-oeste vir hul grane van die lande afgehaal het, wat nie noodwendig vir die gars- en koring-oeste in die toekoms volhoubaar is nie.”

In 2014 is ongeveer 95 000 hektaar kanola aangeplant, en die BFAP voorspel dat daar teen 2024 meer as 270 000 hektaar in die winterreënstreke aangeplant sal word. Wisselbou sal volgens die voorspelling die groei van aanplantings in die Suid-Kaap demp, en toekomstige groei sal hoofsaaklik in die Swartland plaasvind.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.59
+1.4%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.56
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.44
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,727.19
+1.6%
Silwer
21.20
+2.4%
Palladium
2,333.00
+4.9%
Platinum
939.00
+3.8%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot