AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Karaan: Miljoen poste kan geskep word

Die landbousektor kan 'n miljoen werksgeleenthede skep, mits dit reg gehanteer word, aldus prof. Mohammad Karaan.

Die landbousektor kan sowat 1 miljoen werksgeleenthede skep, “mits die bedryf positief en reg gehanteer word,” sê prof. Mohammad Karaan.

Karaan is die dekaan van die Fakulteit Agri-wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en ’n lid van die Nasionale Beplanningskommissie. Dié voorspelling is gemaak na aanleiding van ’n opname en berekeninge wat ’n groep landboukenners saam met Karaan gedoen het. 


Karaan sê hulle berekeninge het aangedui dat die bedryf sowat 969 000 werksgeleenthede kan skep.


“Dit is omtrent presies die sowat 1 miljoen werksgeleenthede wat reeds verloor is. Ons slotsom is dat, teoreties, soveel werk geskep kan word as die sektor reg gehanteer word.”


Dié boodskap van Karaan is goed en sleg deur boere by die TLU SA se jaarlikse kongres in Pretoria ontvang. Hulle het Karaan gevra om ’n boodskap aan die Regering oor te dra dat boere nie instaat sal wees om so ’n mylpaal te haal terwyl verskeie swaarde, soos die Verblyfregwetsontwerp en Arbeidswette oor hul koppe hang nie.


Grondhervorming

Wat die groenskrif oor grondhervorming betref, sê Karaan dit bevat baie goeie aspekte, maar dit help swart boere nie genoeg nie. Dié stelling grond hy daarop dat die groenskrif voorstel dat swart boere nie grond van die staat mag kry nie, maar net mag huur.


“Dit is moontlik my grootste kritiek teen die dokument. Die mense wat dit bedoel is om te help, gaan die minste baat daarby vind. Hoe kan jy verwag dat iemand geld in grond moet belê wat hulle nie besit nie?” aldus Karaan.


Karaan sê dit is duidelik dat die getal jongmense wat die bedryf betree, al hoe minder word. Dit is deels ’n gevolg van al die beperkings wat die bedryf tans knel.


Vir die bedryf om te groei en voor uit te gaan, meen Karaan ’n liefde vir die bedryf moet by jong kinders gekweek word. “Ons moet ’n liefde vir boerdery weer vroeg begin kweek. Om dit te bereik, sal ons baie kinders in die land na plase moet vat, want dit is daar waar dit sal begin.”


Karaan sê dit is belangrik dat ’n passie vir die bedryf gekweek word, want “’n samelewing wat sy kontak met die landbou verloor, verloor sy vermoë om na homself om te sien.”


1 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot