AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Karoo sal nie myn van gas oorleef

Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie, sê ‘n konsultant in diens van Shell Oil.

Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie, sê ‘n konsultant in diens van Shell Oil. 

Luidens ‘n verklaring is dié standpunt gemaak tydens ‘n vergadering tussen Golder Associates, die omgewingskonsultante wat deur Shell Oil aangestel is, en die Koester die Karoo Aksie Groep (TKAG).

Volgens ‘n verklaring het mnr. Fred Kruger, die konsultant, op die vraag:  “Kan die Karoo se ekonomie “fracking” (die term wat vir die myn van gas gebruik word) oorleef?” geantwoord: “Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie.” Mnr. Jonathan Deal, koördineerder van TKAG, het die vraag gestel.

Navrae vir landwye veldtog

Die vergadering is gehou as deel van ‘n landwye veldtog waarvolgens Golder alle geaffekteerde partye wat teen “fracking” gekant is, nader vir gesprekke.

Die TKAG is gekant teen die proses in die Karoo omdat veral drie regeringsprosesse tans ontbreek. Dit sluit die opdatering van die nasionale waterbronnestrategie, wat tans onderneem word, en die bekendstelling van die Groenskrif vir landelike ontwikkeling  - wat in die tweede helfte van die jaar verwag word - in. 

Vertrou met die Karoo?

Die maatskappy kon nie aandui of Shell vertrou kan word om dié mynmetode met die nodige veiligheid vir die Karoo en omgewing te implementeer nie.

Deal sê dit is duidelik dat Shell se aansoek nie goedgekeur moet word voordat uitsluitsel oor verskeie sake gekry is nie, byvoorbeeld die invloed wat die mynmetode op die koolstofspoor in die Karoo gaan hê, en of dit die moeite werd is om dié unieke omgewing totaal te versteur vir ‘n hulpbron wat oor 15 jaar glo uitgeput gaan wees.

Deal raai persone wat wil sien hoe ‘n landskap wat deur “fracking” geraak is lyk aan om die webtuiste www.damascuscitizens.org te besoek.

15 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot