AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Keer aansteeklike siektes met inenting

Die meeste aansteeklike siektes wat vee- en wildboere aanmeld, kon voorkom word indien die diere behoorlik ingeënt is, sê dr. Faffa Malan.

’n Bewys van hierdie waarheid is ’n geval waar 70 beeste weens sponssiekte gevrek het, omdat hulle nie ingeënt is of die boer nagelaat het om ’n skraagdosis toe te dien. Dit het hom finansieel duur te staan gekom.

“Die doel van hierdie maandelikse verslae is sodat die boer met sy veearts moet gesels om ’n gesondheids-bestuursprogram vir die plaas op te stel met inagneming van die siektes wat aangemeld is. Dit moet gereeld vernuwe word namate nuwe risiko’s ontstaan,” sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), sê in sy Maart-verslag.

Hy verduidelik ’n entstof is ’n produk wat ’n dooie of lewende, verswakte organisme of toksiese bestanddeel bevat wat ’n siekte veroorsaak. Wanneer die entstof aan ’n dier toegedien word, sal hy ’n weerstand of teenliggaampies teen die bepaalde organisme of toksien opbou. Die dier is dan teen die siekte of gifstof bestand wanneer hy daaraan blootgestel word.

Diere word dus as ’n voorkomende maatreëls ingeënt. Die organisme wat die bepaalde siekte veroorsaak, is kunsmatig, geneties of natuurlik verander sodat dit nie die siekte in die dier veroorsaak nie, maar kan steeds sy immuniteit prikkel sodat dit hom teen die siekte beskerm.

Nadat 'n dier vir die eerste keer teen ’n bepaalde siekte ingeënt is, neem dit 14-21 dae voordat teenliggaampies ontwikkel om weerstand te bied. Nadat ’n skraagdosis toegedien is (na vier weke of ’n maand, afhangende van die bepaalde entstof), neem dit gewoonlik 24-36 uur vir ’n dramatiese toename in die getal teenliggaampies.

In- en uitwendige parasiete en siektes wat gedurende Maart deur lede van RuVASA by Faffa aangemeld is, verskyn in die tabel hieonder.

Inwendige parasiete

Malan sê daar was gedurende Maart ’n toename in diere wat met inwendige parasiete besmet is. Vrektes het weens haarwurms voorgekom. “Let op na tekens van inwendige parasietbesmetting, soos bloedarmoede, kwakkeel, gewigsverlies en maagwerking. Diere wat onder stres is en ’n tekort aan proteïen en energie het, is meer geneig om met parasiete besmet te wees,” sê hy.

Weerstand teen middels word veral by haarwurms aangemeld. Daarom moet teenmaatreëls met ’n veearts bespreek word om ernstige veeverliese te voorkom.

Uitwendige parasiete

Uitwendige parasiete neem ook toe. In die meeste provinsies is erge besmetting van bruinoor- en pontpootbosluise aangemeld.

Vee met groot getalle bosluise is in ’n swak kondisie, omdat só baie bloubosluise bloed suip. Daarom kan ernstige veeverliese voorkom.

Hy waarsku boere om op te let na wonde wat deur bosluise met groot monddele (bont- en bontpootbosluise) veroorsaak word, want spykerwurms lê hul eiers in die wonde en dan broei die larwes daarin uit. Diere kan daarvan vrek.

Die Gedoelstia-vlieg se natuurlike gashere is wildebeeste, blesbokke en hartebeeste, maar die larwes wat uitbroei, veroorsaak nie skade aan die wild nie. As hulle egter eiers in ’n bees of skaap se oog lê en die larwes broei uit, veroorsaak dit uitpeuloogsiekte en die dier kan sy oog verloor. Meer inligting is in die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com beskikbaar.

Weerstand teen veemiddels kom ál meer by die bloubosluis voor. Boere  moet dit met ’n veearts bespreek.

Bosluisgedraagde siektes

Siektes wat deur bosluise aan vee en wild oorgedra word, kan ál meer voor namate bosluisegetalle in die somer styg. Vatbare diere word ook siek wanneer hulle byvoorbeeld na rooi- en hartwatergebiede verskuif word. Verder word besmette bosluise in bale voer na plase geneem.

Daar is entstowwe vir die meeste bosluisoordraagbare siektes.

Bosluisvergiftiging

Sweetsiekte word veroorsaak deur ’n toksien wat deur die bontpootbosluis afgeskei word. Hierdie bosluise byt graag in ’n bees se stertkwas vas. Boere moet dus sorg dat dié deel goed met ’n bosluismiddel behandel word. Vee wat deur die Karoo-verlammingsbosluis aangetas is, is ook by Malan aangemeld.

Insekgedraagde siektes

Siektes wat deur insekte na vee oorgedra word, het ook gedurende Maart voorgekom weens ’n toename in muggies en bytende vlieë wat die draers van virusse is. Boere behoort nou reeds te beplan om hul vee betyds in te ent, omdat goeie reëns volgende somer voorspel word.

Geslagsiektes

Nuwe gevalle van geslagsiektes word steeds elke maand aangemeld en dié siektes woed buite beheer. Gedurende Maart was daar ’n geval waar ’n kudde met trigomonose besmet is deur bulle wat van elders na die plaas gebring is. Dit is hoekom biosekerheid so belangrik is.

Bakteriese siektes

Veeartse het talle bakteriese siektes op plase aangemeld. In een geval het ’n boer sewentig beeste weens sponssiekte verloor omdat hulle nie ingeënt is nie.

Brucella mellitensis, ’n soönosesiekte (wat van dier na mens oorgedra kan word), kom steeds op ’n plaas in die Wes-Kaap  voor. Twee beeste het positief daarvoor getoets.

Boere moet seker maak kleinvee wat byvoeding kry, is teen bloednier ingeënt. Baie vrektes is reeds aangemeld.

Nuwe gevalle van brusellose en E. coli kom ook maandeliks voor. Volgens wet moet alle verse tussen vier en agt maande teen brusellose ingeënt word. Boere moet hul op die hoogte hou van wat in hul omgewing aangaan, die plaas se gesondheidsprogram gereeld opdateer en entstowwe en skraagdosisse betyds bestel.

Virussiektes

Daar is geen behandeling vir virussiektes nie, met die gevolg dat diere met beskikbare entstowwe beskerm moet word. Daar is tans nog geen entstof teen snotsiekte beskikbaar nie.  “Snotsiekte word met wildebeeste verbind, maar onthou daar is ook ’n stam wat met skape verbind word. Wildebeeste skei hierdie dodelike virus veral gedurende die kalfseisoen af, wanneer die kalwers gespeen word en in die jagseisoen wanneer hulle onder spanning verkeer. ’n Veearts kan raad oor ’n inentingsprogram gee,” beveel Faffa aan.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel (volledige verslae hieronder) in aanhangsels) uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete gekoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.3%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,699.36
+2.3%
Silwer
20.69
+8.7%
Palladium
2,225.50
+2.7%
Platinum
904.00
+4.6%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.3%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot