Die Benede-Oranjerivier se vloedspits is op dié dag by Prieska op net meer as 4 000 kubieke meter per sekonde (kumek) gemeet. Die volgende dag het die water die 10,27 m-merk by die Kakamasbrug bereik.
Groot kommer heers op die oomblik in die rosynebedryf oor siektes, veral ná die bedryf reeds miljoene rande verloor het in vloede vroeër vanjaar.
Boere was besorg oor of die keerwalle wat hul plase beskerm, sou hou nadat twee keerwalle teen 23 November reeds meegegee het, en talle boere moes groot koste aangaan om die walle te versterk.