AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kennis oor bemarking broodnodig vir bemagtiging

Swak infrastruktuur en 'n gebrekkige kennis van bemarking is van die grootste knelpunte waarmee opkomende boere worstel. Dié kwessies sal dringend aandag moet kry as gepoog wil word om boere te bemagtig.

Só het mnr. Max Fihla van Ideaa, (Initiative for Development en Equity in African Agriculture) aan die Universiteit van Fort Hare, op die wolkonferensie op Mpeko gesê. Hy het boere aangemoedig om hulle by kommoditeitsorganisasies, soos die Nasionale Wolkwekersvereniging en Nerpo aan te sluit sodat met 'n verenigde stem oor bepaalde probleme onderhandel kan word. "Wat loon dit die Regering gee R3,9 miljoen vir ramverbeteringsprojekte, maar daar is nie die nodige infrastruktuur, soos omheinde kampe en krale, om doeltreffende teelpraktyke toe te pas nie?" Mnr. Fihla het boere daarop gewys dat die bereide huid van 'n Nguni-bees meer as R1 000 werd is, maar dat gewetenlose smouse dit teen net 50 sent stuk by boere koop. Hy sê daar was onlangs 'n geval waar 'n spekulant 'n boer R1 800 vir 'n tollie aangebied het. Die dier het egter uit die kraal gespring. Toe dit kort daarna op 'n openbare veiling van die hand gesit is, het dieselfde bees R3 200 behaal. "Die beeste wat spekulante vir 'n appel en 'n ei koop, word lewend per skip na Mauritius uitgevoer waar dit uitstekende pryse behaal." Met die huidige lae speenpersentasies van beeste en skape kan daar kwalik sprake van kommersialisasie van opkomende boere wees. Baie boere hier het nog die benadering dat as 'n skaap of bees vrek, dit bloot 'n leerskool vir hul kinders is om die diere af te slag. "Hulle moet besef dat boerdery nie net iets is wat vir die liefde van die saak bedryf word nie, maar 'n besigheid, en dit moet as sodanig bestuur word," het mnr. Fihla gesê. 13 September 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
-0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,693.39
-1.1%
Silwer
20.00
-3.2%
Palladium
2,181.50
-3.6%
Platinum
914.00
-1.2%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot