AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Kernbesoedeling bekommer Japanse boere

Eers was dit die reuse-aardbewing en tsoenami wat Japan getref het. Nou staar besoedeling weens beskadigde kernkragsentrales boere in die gesig.

Eers was dit die skade en lewensverlies weens die reuse-aardbewing en tsoenami wat Japan getref het. Nou staar besoedeling weens beskadigde kernkragsentrales boere in die gesig.


Boonop dreig dit om groot getalle boere op hul knieë te dwing. ’n Voorbeeld van die kommer waaronder Japanse boere gebuk gaan, is dié van ’n melkboer in die Mijagi-streek, waar die Foekoeshima-kernreaktor geleë is.


Landbouweekblad het sy verhaal deur middel van mnr. Masaru Yamada, ’n Japanse landboujoernalis en lid van die Internasionale Federasie van Landboujoernaliste, bekom.


Mnr. Yoshiyuki Hanzasa (43) boer op een van die grootste melkplase in die gebied. Nie een van sy gesinslede is in die aardbewing beseer nie en daar was nie veel skade nie, maar hy kan nie sy beeste se melk gebruik nie omdat die nodige infrastruktuur nou ontbreek om dit te bemark.


Hy het ná die aardbewing vyf dae lank nie elektrisiteit gehad om sy koeie te melk nie. Gelukkig kon hy ’n kragopwekker in die hande kry en het die koeie toe een keer per dag gemelk en hul voer verminder.


Hy het net genoeg voer vir tien dae oor gehad. Nou vestig hierdie boer sy hoop op beloftes dat naburige streke voer aan hulle gaan verskaf. Die krag is darem nou weer herstel en hy melk nou twee keer daagliks, maar moet steeds ál die melk weggooi.


Hanzasa se grootste kommer is verbruikers se vrese dat kos en melk deur die beskadigde kernreaktors besoedel kan word. Dit kan tot verbruikersweerstand lei. Die skade aan die reaktor en die gevolge op lang termyn vir sy boerdery laat hom dus snags wakker lê.


Intussen het Eskom vrese probeer besweer dat dieselfde lot die Koeberg-kernkragsentrale naby Kaapstad kan tref. Volgens www.nuus24.com het Eskom erken Koeberg is op ’n foutlyn gebou, maar dit kan ’n aardbewing van tot 7 op die Richterskaal weerstaan.


In die ontwerp is alle moontlikhede in ag geneem, soos tsoenami’s en aardbewings. Die aanleg is byvoorbeeld gebou op ’n seismiese platform, ’n soort rubberfondament wat aardbewings kan trotseer.


Ligte aardbewings het al daar voorgekom, die mees onlangse een in 2009, maar sonder enige skade. Eskom is nietemin besig om die kernkragprotokol en stelsels by Koeberg te hersien. Die Regering wil teen 2030 tot ses bykomende kernreaktors in Suid-Afrika bou om die land se afhanklikheid van aardolie te verminder.

31 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.3%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.72
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,020.54
-0.5%
Palladium
1,670.94
+0.1%
Goud
1,910.17
-0.1%
Silwer
23.43
-0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,758
+0.2%
Alle aandele
79,938
+0.2%
Hulpbronne 10
74,709
+0.0%
Industriële 25
102,959
+0.3%
Finansiële 15
16,558
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot