AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kerswense van landbouleiers

Vanjaar was 'n goeie jaar vir boere, maar landbouleiers sê almal is onseker oor wat in die nuwe jaar voorlê. Boere moet hul eie ekonomiese bestuur aanpas by die omstandighede waarin hier geboer word sodat hulle die beste van alle omstandighede maak. Só sê mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri SA, in sy Kersboodskap aan boere.

Hy sê: "Met Kersfees om die draai besef 'n mens nog 'n jaar is verby, maar ook 'n besondere jaar deur God aan ons gegun om te leef en te werk! 'n Landboujaar vol hoogtepunte, maar ook 'n jaar wat sy hartseer en probleme opgelewer het. "Ons dink aan almal wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ek vertrou dat u berusting en troos sal vind in die Hemelse Vader. 'n Mens dink in die besonder aan medeboere in Zimbabwe wat so erg getraumatiseer was en selfs uit hul geboorteland verdryf is. "Almal van ons is ewe onseker oor wat in 2003 op ons as landbouers wag. Ons het egter die voordeel dat ons as medegelowiges met ons oë gerig op die Here, die toekoms met vertroue kan aandurf. Dit was, oorhoofs gesien, 'n goeie jaar waar die meeste bedryfstakke goeie produksie- en markomstandighede ondervind het. Ek vertrou dat boere hierdie omstandighede waarin ons in Suid-Afrika boer, sodanig in ag sal neem dat hulle hul eie ekonomiese bestuur daarby sal aanpas. "Dankie vir u bydrae tot die landbou en sy strukture deur die jaar. Daar is so baie mense wat hard agter die skerms werk. Ek sê vir hulle baie dankie! "Mag die Kerstyd vir u en u gesin vrede en vreugde bring. Ek vertrou dat u wense vir die Nuwejaar haalbaar sal wees en ek bid u toe Gods rykste seën. Bid vir ons naaste, ons geliefdes en ook vir ons vyande sodat ons die ware vrede van God kan beleef."

Mnr. Gert Ehlers, voorsitter van TLU Suid-Afrika sê in sy Kersboodskap dit lei geen twyfel dat groot opdragte of uitdagings op die boer en sy gemeenskap wag nie. Talle boeregemeenskappe is in die loop van die jaar geskud deur plaasmoorde en gemeenskappe is verbysterd. Daar is vrae, onsekerheid en vertwyfeling oor wat aan dié bedreigings gedoen kan word en wie dit gaan stop sit.

Die antwoord lê by elke lid van die gemeenskap. "'n Gemeenskap skep sy eie omgewing. Dit behels 'n opdrag veral vir hulle wat 'n bepaalde waardestelsel nastreef. Dit is 'n groot opdrag en 'n groot verantwoordelikheid.

"Groot opdragte vereis groot karakters. 'n Klein karakter sal met 'n groot verantwoordelikheid elke keer te kort skiet. Karakters vir groot opdragte word gebou op nederigheid. Jy kan alleen dien en offer deur nederig te wees.

"Die Koning van alle konings het in die grootste nederigheid na die wêreld gekom - in 'n krip in 'n stal. Sy eerste besoekers was nederige skaapwagters. Hy het gekom om te dien en te offer. Kom ons gee ons lewe in hierdie Kerstyd opnuut aan God oor, om as boeregesinne voor te berei vir die volgende opdrag.

"Mag hierdie Kersfees vir u 'n vreugdetyd wees, maar ook 'n groeityd en 'n ankertyd."

20 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot