
Die hoof uitvoerende beampte van die SA Pluimveevereniging (SAPV), mnr. Kevin Lovell, het bedank.
Lovell sê in 'n nuusverklaring dat hy ná 11 jaar as hoof uitvoerende beampte van die SAPV besluit het om van 17 Augustus uit sy pos te tree. Die raad van die vereniging het dr. Charlotte Nkuna vir die volgende tyd as waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel.
“Op versoek van die Raad sal ek voortgaan om die organisasie vir 'n beperkte tydperk by te staan ??oor sake wat my aandag vereis.”
Vraagstukke oor die mark
Lovell sê in die 113 jaar van bestaan ??het die SAPV dienste aan die pluimveebedryf verskaf. Hierdie aktiwiteite bly steeds baie relevant vir die huidige omstandighede in die bedryf, insluitende handelsaangeleenthede, soos storting en goedkoop invoer, siektes soos die onlangse H5N8-voëlgriep-uitbrekings, die droogte en die uitwerking daarvan op die pluimveebedryf, asook vraagstukke oor die mark wat produsente én verbruikers bekommer.
Hy sê in die verklaring dat hy almal bedank vir die geleentheid wat hy gegee is om in die bedryf te werk en om met lede, media en belanghebbendes te kon skakel. “Dit was 'n eer om u almal te dien.”