
Time.com berig dat die tekort pryse dermate laat styg het dat KFC onlangs sy klante in kennis gestel het dat ’n mengsel van blaarslaai en kool op die kitskos-restaurant se burgers gebruik sal word.
Die tekort is weens erge vloede aan die land se oostelike kus wat onderbrekings in die voorsieningsketting veroorsaak het. Die tekort het ook veroorsaak dat Australiërs nou A$12 (R132,22) moet opdok vir ’n kop blaarslaai. Die prys van ander vars produkte het ook deur die dak geskiet met waatlemoene wat A$25 (R275,45) elk kos.
Dit is nie die eerste keer dat Australië ’n tekort aan voedselprodukte ervaar nie. Gedurende Januarie was daar ’n tekort aan hoendervleis. Volgens Time.com is daar probleme met Australië se voorsieningsketting wat met die pandemie verband hou, onder meer personeeltekorte en toegang tot ingevoerde masjinerie.
Soos die res van die wêreld is Australië ook onder inflasionêre druk wat tot stygings in voedselpryse lei.