
Stoettelers van Merinoramme het die vermoë om soms die mees ongewone name vir hul ramme te gee. Soos dié van Kilowatt.
Die ram Kilowatt is op die tiende produksieveiling van Jordaan Genetics, Cradock, vir R62 000 verkoop is. (Ons meen dat talle boere met genoeë sal toekyk hoe dié prys 'n lekker “skok” in jou bankrekening maak as dit daarin sou kom lê.)
Dit laat 'n mens ook dink aan die destydse Merinoboer in die diep Karoo, wat graag met sy woltjek gespog het. Hy het gesê toe sy woltjek elektronies uit Port Elizabeth in sy bankrekening op sy Karoodorp inbetaal is, het die dorp se krag afgegaan, so groot was die tjek! Klink mos Electric!
* Op die Jordaanse veiling is altesame 77 ramme teen gemiddeld R10 142 stuk verkoop. Nuclear, of hoe?
Lees die berig oor die veiling hier.