AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9016
-76,00
CORN
04 Okt
-
4807
-79,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kirkwood-onluste ‘buite beheer’; miljoene rande se skade reeds aangerig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Brandstigting en die vernietiging van infrastruktuur het Maandag onbeheers voortgegaan by Kirkwood in die Sondagsriviervallei weens ontevredenheid oor lone en buitelandse werkers.

“Daar is redelik chaos by ons tans. Daar is ’n misdadige element betrokke by die stakings en dit lyk asof dit buite beheer is,” sê dr. Hennie Ehlers, voorsitter van die kwekersforum in die Sondagriviervallei.

Plaaslike inwoners en werkers in die vallei betoog sedert 20 April gewelddadig, onder meer weens eise rondom lone en buitelandse werkers.

Dit volg nadat mnr. Mbuyiseli Bayini, verteenwoordiger van die plaaslike tak van Sanco (die South African National Civics Organisation), verlede Woensdag ’n petisie aan Ehlers oorhandig het met verskeie eise en griewe namens gemeenskapslede en werkers van die Sondagriviervallei.

Van die eise is ’n minimum loon van R30 per uur en dat 70% van alle werkers Suid-Afrikaners moet wees. 

Vergadering vergeefs

Volgens Ehlers is Sondagaand met die verteenwoordigers van Sanco vergader. Die kwekers moes teen Maandag om 14:00 op die petisie reageer. Maandagoggend is egter voortgegaan met die versperring van paaie en brande.

“Sekere plase is aangeval waar plastiekkratte aan die brand gesteek en infrastruktuur geplunder is. Skure en woonhuise is ook aan die brand gesteek.”

Hy sê die skade neem daagliks toe. Dit is nog nie moontlik om ’n volledige skadebepaling te doen nie, maar die skade van miljoene rande is Maandag op plase aangerig.

Kwekers het Maandagmiddag hul prokureurs vir ’n interdik teen die moeilikheidmakers genader. Daar is ook met die provinsiale Sanco-verteenwoordiger vergader, wat Dinsdag met die Sanco-bestuur in Kirkwood sal vergader om te sien of hulle kan optree as bemiddelaars om die onlus te beëindig. 

kirkwood
Foto: Verskaf
kirkwood
Foto: Verskaf
kirkwood
Foto: Kirkwood
kirkwood
Foto: Verskaf
kirkwood
Foto: Verskaf

Interdik

GroundUp berig die hooggeregshof in Gqeberha het aan verskeie boerderye ’n tydelike interdik toegestaan wat betogers verbied om binne 500 meter van die plase kom.

Volgens Netwerk24 is een mens reeds tydens die betogings dood. ’n Polisiebeampte en ’n private veiligheidswag is beseer. 

Loonverhoging

Boere betaal sedert 1 Maart ongeveer 7% meer aan lone nadat die minimum loon vir plaaswerkers tot R23,19 per uur verhoog is. ’n Verhoging tot R30 per uur sal ’n verdere verhoging van meer as 30% wees.

“Ons het reeds mense in diens geneem in die pakhuise en die werkers vir die seisoen. Die kontrakte is onderteken vir die minimum loon en almal was tevrede. Ons probeer nog vasstel waar die skielike eis vir R30 per uur vandaan kom.”

Volgens Ehlers kan die bedryf nie op die stadium hoë kostestygings bekostig nie.

“Weens die covid-19-pandemie is verskepingstariewe dubbeld wat dit verlede jaar was, en boonop is die verskeping by die Durbanhawe problematies.” Hy sê boere moet verdere koste aangaan om hul vrugte bestem vir die Verre Ooste na die Durbanhawe te vervoer om dit van daar uit te voer. “Ons koste is vanjaar astronomies teenoor die vorige twee jaar.”

Ehlers sê alle pluk- en pakbedrywighede het tot stilstand gekom. Die intimidasie is van so ’n aard is dat almal te bang is om hul werk te doen.

Betogers het ook die kanaal wat water aan die Nelson Mandelametropool verskaf, geblokkeer en die water stroom nou in paaie en boorde in. 

Samewerking

Volgens mnr. Hannes de Waal, uitvoerende hoof van die Sondagsriviersitrusmaatskappy en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, is dit nie asof die bedryf ongenaakbaar staan teenoor die plaaslike gemeenskap nie.

“Ons gee aandag aan baie probleme van die gemeenskap en wil die gemeenskap ophef. Dit is ’n vallei en streek in Suid-Afrika waar ons ’n leier is in transformasie.”

Die bedryf het onder meer ná die gewelddadige onluste in 2018 – wat ook tot miljoene rande se skade gelei het – met die samewerking van die gemeenskap begin om aandag te skenk aan maatskaplike probleme soos lone in ’n wetlike en prosedurele manier om ’n herhaling van die skadelike gevolge te probeer voorkom.

Kwekers het sedertdien geld beskikbaar gestel vir verskeie projekte; ook vir die onderhoud van infrastruktuur wat tot voordeel van die vallei is. Ongeveer R23 miljoen is vir dié projekte bygedra, met ’n verdere R50 miljoen wat van die staat bekom is om water- en sanitasie-infrastruktuur op te knap.

Die Sondagsriviersitruskwekersvereniging, San Miguel-stigting en soortgelyke instellings bestee jaarliks meer as R5 miljoen aan opvoeding, gesondheid, jeugaksies en om in die basiese benodighede van die gemeenskap te voorsien. 

Bedryf sal verklein

De Waal sê die bedryf het nie die geld om aan die looneise te voldoen nie. “Dan sit ons werklik in ’n situasie waar ons besluit wat ons pluk, wat ons pak en dan gaan ons ’n kleiner bedryf sien met aansienlike werksverliese.”

Hy sê daar is ongelukkig ’n kultuur van vandalisme wat hoogty vier in die huidige toestande.

“Ons kan nie dat mense buite die bedryf ons mense intimideer en van die werk af hou en die hele bedryf omkrap nie.”

Hy sê die individue wat vir die situasie verantwoordelik is, moet word aanspreeklik gehou word.

De Waal voeg egter by dat die bedryf nie sal ophou met die goeie werk waarmee hulle in die gemeenskap besig is nie, “want dit is al hoe Suid-Afrika gaan regkom”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.54
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+1.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,709.03
+0.5%
Silwer
20.88
+0.8%
Palladium
2,280.69
+2.5%
Platinum
911.38
+0.8%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,319
+2.5%
Alle aandele
65,812
+2.5%
Hulpbronne 10
63,742
+3.4%
Industriële 25
79,509
+2.6%
Finansiële 15
13,999
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek....
Eks n kind van God. Eerlik, opreg en vriendelik. Het 2 kinders wat alles beteken vir my. Hou van motorsport, kamp en buitelug. Waardes en lojaliteit baie belangrik asook...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot