AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kirkwood rustiger, boere bekommerd

Kirkwood is kalmer as tydens die betogings, maar boere in die omgewing is bekommerd.

Miljoene rand se skade is ’n paar weke gelede aangerig toe betogers Kirkwood se strate ingevaar en munisipale voertuie verwoes en geboue, onder meer die ANC-kantoor, afgebrand het. Sedertdien kon nog nie daarin geslaag word om met mnr. Mbulelo Kebe, die dorp se burgemeester, ’n vergadering te hou nie, sê mnr. Stef Delport, die DA-raadslid op die munisipale raad.

Delport sê dit is nie duidelik waar Kebe hom bevind nie, aangesien die betogers gedreig het om hom dood te maak en sy huis af te brand. “Op ’n byeenkoms wat kort ná die voorval deur die departement van plaaslike regering in die Oos-Kaap gereël is, is die onderneming nietemin gegee dat alle besware ondersoek en ’n verslag opgestel sal word, wat weer aan die gemeenskap voorgelê sal word.”

Mnr. Flippie Ehlers, voorsitter van die Sondagsrivier-sakekamer, het die skade van nagenoeg R100 miljoen as die “grootste tragedie in die bestaan van die vallei” bestempel. “Tagtig persent van die dorp het nie straatligte nie. Mense in die township sit vir tot twee weke lank sonder water. Alles gaan oor swak finansiële bestuur en kontrakteurs wat aangestel word en nie die werk behoorlik doen waarvoor hulle betaal word nie.”

Ehlers sê dit bly ’n plofbare situasie. “Hier is genoeg water; dit is die verspreiding daarvan wat die probleem is. Boere word ook geraak, aangesien van die grondwaardasies tot 700% verhoog is sonder dat hulle ooit geraadpleeg is.”

Ehlers sê hy is op pad na ’n munisipale kongres in Durban waar hy hoop om self met mnr. Pravin Gordhan, Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake, samesprekings te voer.

Mnr. Deon Joubert, voorsitter van Agri Kirkwood, sê aangesien die onluste teen die einde van die sitrus-paktyd uitgebreek het, is boere in die Sondagsriviervallei nie té erg daardeur geraak nie. “Baie van die werkers by die pakhuise woon egter in die Moses Mabida-township, wat die ergste deur die gebrekkige dienslewering geraak word. Boere is bekommerd dat die probleme ook na plase kan oorspoel as permanente oplossings nie gevind word nie,” het Joubert gesê.

Delport het toegegee dat daar foute met die berekening van grondbelasting ingesluip het, maar dat dit reggestel sal word. “Ongelukkig is daar ook diegene wat die meeste kla, maar wat baie geld aan die munisipaliteit skuld.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot