AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4517
-13,00
SOYA
30 Mrt
-
8230
-13,00
SUNS
30 Mrt
-
8836
17,00
WEAT
30 Mrt
-
6500
20,00
WMAZ
30 Mrt
-
3959
9,00
YMAZ
30 Mrt
-
4020
-7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kirkwood: Situasie steeds onbestendig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Miljoene rande se infrastruktuur soos besproeiingstoerusting, paktoerusting, boorde en woonhuise is tydens die gewelddadige betogings verbrand en beskadig. Foto: Verskaf deur Agri Oos-Kaap
Miljoene rande se infrastruktuur soos besproeiingstoerusting, paktoerusting, boorde en woonhuise is tydens die gewelddadige betogings verbrand en beskadig. Foto: Verskaf deur Agri Oos-Kaap
Hoewel die situasie by Kirkwood tans redelik onder beheer is, is dit steeds onstabiel met intimidasie van boere en werknemers wat voortgaan.

Mnr. Brent McNamara, uitvoerende hoof van Agri Oos-Kaap, het Kirkwood gister besoek. Hy sê die situasie was aanvanklik stram. Daar was weer ’n opflikkering teen die middel van die dag, maar die jongste verslae is dat dit weer stabiel is.

“Die situasie is egter baie vloeibaar en kan dit maklik verander.”

Volgens me. Marelize Roets, ’n arbeidsregskenner van ASAMBO, ’n arbeidkonsultasiediens met kliënte in die vallei, is die Sondagsriviervallei in die afgelope paar dae gedompel in verwoesting en chaos nadat werknemers in die landbousektor voortgegaan het met misdaad nadat hulle verskeie eise aan werkgewers gestel en die werkgewers nie daaraan gehoor gegee het nie.

Dit is soortgelyk aan toestande in 2018 waar werknemers eiendom en sitrusboorde in die omgewing beskadig het, ook omdat werkgewers nie aan looneise wou toegee nie. Sanco (South African National Civic Organisation) is ook, soos toe, betrokke by die onderhandelinge tussen werkgewers en werknemers.

Volgens Agri Oos-Kaap is polisieversterkings ingebring en is daar ook ’n beduiende aantal private sekuriteitsmaatskappye in die vallei.

Die Sondagsriviersitrusforum het ’n interdik bekom teen die organisasie wat verantwoordelik is vir die betogings bekom, en teen sleutelindividue. Dit het gelei het tot die opskorting van die grootste protesbeweging.

McNamara sê daar is verslae van betogings wat in die volgende dae kan voortgaan, maar die inligting is nog nie bevestig nie.

Agri Oos-Kaap is bewus gemaak van gewelddadige dreigemente teen plaaswerkers, boere en hulle families indien hulle sou terugkeer werk toe. “Dit kan nie verder geduld word nie.”

Wetlike aspekte

Roets sê met kollektiewe bedinging is dit noodsaaklik om te besef dat ’n eis billik en redelik moet wees. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997) en die Wet op die Nasionale Minimum Loon (Wet 9 van 2018) bepaal wat die minimum standaarde is waaraan elke werkgewer moet voldoen. Elke werknemer en werkgewer het egter die reg om te onderhandel oor werksomstandighede en voordele.

“Die onderhandelinge moet egter op ’n ordelike wyse geskied. Dit is teenstrydig met wetgewing as een van die betrokke partye voortgaan met wangedrag en misdaad weens geskille en dispute oor werksplekkwessies.”

Sy verduidelik dat die wetgewing voorsiening maak vir wyses waarop die kwessies hanteer kan word.

Sy sê die betogings is in stryd met wetgewing en die korrekte roetes vir die hantering van die geskille is nie gevolg nie. “Dus sal die partye onderworpe wees aan strafregtelike prosesse ten opsig van die skade wat berokken is.”

Volgens Roets het Sanco op Dinsdag 26 April aangekondig dat ’n ooreenkoms bereik is met werkgewers en dat sy lede alle geweld en protesaksies tot stilstand sal bring vir ’n tydperk van 14 dae om sodoende onderhandelinge ’n regverdige kans te gee.

“Die betrokke werknemers het egter die berigte verwerp en aangedui hulle sal nie terugkeer werk toe nie en dat verdere skade berokken sal word. Die werknemers gee ook nie gehoor aan die interdik wat deur die hooggeregshof uitgereik is nie.”

Sy sê die kwessie is kommerwekkend omdat die sitrusbedryf in die area tot stilstand gedwing word en produksie nie kan plaasvind nie. “Die verliese wat gelei word in die sitrusbedryf is van so ’n aard dat afleggings onvermydelik is.”

kirkwood
Miljoene rande se infrastruktuur soos besproeiingstoerusting, paktoerusting, boorde en woonhuise is tydens die gewelddadige betogings verbrand en beskadig. Foto: Verskaf deur Agri Oos-Kaap

Waar is die polisie?

Volgens Agri Oos-Kaap moet ’n formele vergadering met die provinsiale leierskap van die polisie gereël word sodat die landbou op hoogte gebring kan word oor die huidige ontplooiing van hulpbronne in die gebied en die operasionele planne, en in die toekoms sitting kan kry in die gesamentlike bedryfskomitee.

Volgens McNamara was dit baie onrusbarend dat die koördinasie op grondvlak baie swak is. “Ek sal selfs so ver gaan om te sê dit bestaan nie. Dit is ’n resep vir ’n ramp.”

Hy sê daar is tans geen behoorlik funksionerende gesamentlike bedryfskomitee wat verteenwoordigers van die polisie insluit nie. “Dit lei daartoe dat inligting swak gedeel word en verwarrende boodskappe rondgestuur word. Daar is ook geen lugsteun van die polisie op die perseel nie.”

Volgens McNamara was hy die grootste deel van die dag op Kirkwood. Ondanks vele pogings kon hy nie met enige senior leier in die polisie vergader nie. “Die kwessie sal formeel aangepak word in ons volgende geskeduleerde vergadering met die polisie se leierskap.”

Daarby is die georganiseerde landbou op die kantlyn gestoot en kommunikasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is swak. Agri Oos-Kaap sê hy dring daarop aan dat die polisie die betogings aanpak op ’n manier wat dit verdien.

“Daar is geweld en terrorisme en dit is die organisasie se mening dat die leierskap van die polisie nie naastenby genoeg doen om die situasie onder beheer te bring nie.”

Volgens mnr. Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se afdeling vir landelike veiligheid is die situasie steeds baie gespanne. Die polisie is ontplooi en Agri SA is in kontak met die provinsiale en die nasionale polisie.

Hulle moedig boere aan om nie WhatsApp-boodskappe te versprei waarin mense van ander provinsies gevra word om te gaan help nie.

“Dit gaan die situasie net meer gespanne maak en hulp van buite van siviele persone is nie nodig nie. Die mense in die Oos-Kaap is in beheer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.1%
Rand - Pond
22.37
-0.3%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
971.29
+1.2%
Palladium
1,451.69
+0.2%
Goud
1,968.83
+0.2%
Silwer
23.62
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,367
+0.7%
Alle aandele
76,973
+0.6%
Hulpbronne 10
67,830
+1.8%
Industriële 25
103,759
+0.4%
Finansiële 15
15,617
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot