AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kirkwood: Oproer vernietig werksgeleenthede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die voortslepende geweld en vernietiging van private eiendom in die Sondagsriviervallei kan tot verdere werksverliese lei, sê die DA en Agri Oos-Kaap.

“Die huidige vlakke van geweld is ’n groot rede tot kommer vir alle belanghebbendes. Dit kan die toekomstige ontwikkeling in die sitrusmaatskappye in die streek ontmoedig en tot werksverliese lei,” sê me. Karen Smith, koukusleier van die DA in die Sondagsriviervallei.

Gewelddadige betogings kom sedert 20 April voor nadat Sanco (die South African National Civics Organisation) ’n petisie met verskeie eise daarin aan die Sondagsriviervalleimunisipaliteit, die SA Polisiediens en die georganiseerde landbou oorhandig het. Volgens die petisie vra die gemeenskap en plaaswerkers in die vallei onder meer vir ’n toename in die minimum loon tot R30 per uur, hoewel die wettige minimum loon tans R23,19 per uur is.

Die partye kon nie ’n ooreenkoms bereik nie. Volgens sitruskwekers is dit onmoontlik om in die huidige moeilike toestande in die bedryf – met onder meer aansienlike toenames in vervoerkoste en moeilike bemarkingstoestande –verhogings te kan betaal.

Sedert 20 April is verskeie gevalle gesien waar plaastoerusting en infrastruktuur beskadig en aan die brand gesteek is.

Volgens die DA is daar sedert 20 April reeds 37 strafsake geopen, wat meestal verband hou met beskadiging van infrastruktuur, openbare wanorde en die belemmering van die verkeer ingevolge die padverkeerwet.

“Daar is nou groeiende kommer dat die geweld kan lei tot verdere lewensverlies en skade aan private en staatseiendom. Mense word ook gedwing om van die werk af weg te bly.”

Volgens die DA hou die huidige onstabiliteit ongunstige vooruitsigte in vir boere, besighede en die landboukonsortiums in die Sondagriviervallei, wat bekend is as een van die mees produktiewe sitrusproduserende streke in Suid-Afrika. Die sitrusbedryf is een van die sleutel- ekonomiese aandrywers in die provinsie.

Polisie-aksie

Agri Oos-Kaap het op die Suid-Afrikaanse polisiediens ’n beroep gedoen om hul magte by Kirkwood te vermeerder en om dadelik onwettige betogers in hegtenis te neem.

“Nou is die tyd vir die regering in die Oos-Kaap en die wetstoepassers van die provinsie om te vra dat die onwettige betogings onmiddellik stopgesit word. As die misdadigers nie aan die opdrag wil voldoen nie, moet die Suid-Afrikaanse Polisiediens die hamer van geregtigheid laat slaan op die terroriste van ons grond en infrastruktuur en om seker te maak geregtigheid geskied,” sê mnr. Peter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap.

“Misdadigers moet in hegtenis geneem word om die vrede in die gebied te herstel.

“Die betogings is nie net meer ’n bedreiging vir die landboubedryf en die inwoners van die gebied nie, maar ’n volskaalse noodtoestand wat kan lei tot katastrofiese lewensverlies en skade aan eiendom as die polisie nie dadelik die situasie onder beheer bring nie.”

Luidens ’n verklaring sê Agri Oos-Kaap dat hy die huidige betogings veroordeel, dat dit onwettig is en mense se lewens en infrastruktuur in gevaar stel.

“Nie net is die onwettige betogers besig met misdadige optrede nie, maar die volslae dwaasheid in hul optrede sal lei tot ’n afname in die beskikbaarheid van werksgeleentheid en geld vir toenames in lone – die eintlike rede waarom betoog word.”

Volgens Agri Oos-Kaap is die landboubedryf, en veral die sitrusbedryf, onder aansienlike druk weens klimaatskwessie en globale ekonomiese beperkinge. Wanneer die vernietiging en plundering van die betogers daarby gevoeg word, word die lewensbestaan van die Kirkwoodgemeenskap vernietig met min hoop dat die gemeenskap weer terug op hul voete sal kom.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
+0.9%
Rand - Pond
19.36
-0.2%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.39
+0.9%
Silwer
18.69
+1.8%
Palladium
2,071.50
+1.4%
Platinum
863.00
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,437
+0.3%
Alle aandele
63,823
+0.3%
Hulpbronne 10
56,211
-0.0%
Industriële 25
79,496
-0.0%
Finansiële 15
14,161
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot