
’n Klag is teen die Regering se planne vir die ontginning van skaliegas by die Openbare Beskermer (OB) ingedien.
Volgens ’n berig in Volksblad versoek die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) dat die proses ondersoek word wat die Regering nou volg vir die uitreik van prospekteerlisensies vir hidrobreking. Dié stap volg op die TKAG se versoek op 21?Julie aan pres. Jacob Zuma dat hy ’n moratorium moet plaas op enige van die planne vir hidrobreking.
Die klag spruit veral voort uit Zuma se staatsrede vroeër vanjaar toe hy het daarop gewys het dat die ontginning van skaliegas die ekonomie gaan hervorm. “As die leier van ’n land sulke uitlatings maak, kan aanvaar word dat die besluit reeds geneem is,” het mnr. Jonathan Deal, uitvoerende hoof van die TKAG, gesê.
Die TKAG het besluit om voordat enige prospekteerlisensies uitgereik is, die OB se kantoor te nader, het Deal gesê.
Bron: Volksblad.