AFGRI
BEAN
27 Okt
-
7095
80,00
CORN
27 Okt
-
3209,8
77,80
SOYA
27 Okt
-
7180
50,00
SUNS
27 Okt
-
8899
-21,00
WEAT
27 Okt
-
5809
28,00
WMAZ
27 Okt
-
3286
28,00
YMAZ
27 Okt
-
3441
41,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Klagtes oor landbou se mededingendheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad-argief
Foto: Landbouweekblad-argief
Die Mededingingskommissie se ekonomiese navorsingsburo het pas in ’n verslag sy kommer uitgespreek oor ’n afname in die aantal boere in Suid-Afrika en groter konsentrasie oor die hele waardeketting.

Die Mededingingskommissie se ekonomiese navorsingsburo het pas in ’n verslag sy kommer uitgespreek oor ’n afname in die aantal boere in Suid-Afrika en groter konsentrasie oor die hele waardeketting. Om die standpunt te staaf word verwys na die aantal melkboere wat van 3 899 in 2007 tot 1 053 vanjaar afgeneem het.

Die verslag het wye reaksie en kritiek ontlok en daar word onder meer gesê die kompleksiteit van die landbousektor is nie in ag geneem nie en dat dit gegrond is op veralgemenings. (Sien artikel hiernaas.)

Die kommissie sê een van die doelwitte van regulasies oor mededingendheid is om konsentrasie in die mark te verminder, pryse verlaag te kry en mededingend te bevorder. Daarom word navorsing gedoen oor neigings in deelname aan die ekonomie en daar is bevind die vlakke van konsentrasie in die ekonomie neem toe en dele van die landbouwaardeketting staan uit in hierdie verband.

Die bevinding is dat daar ’n kommerwekkende afname in die deelname van kommersiële produsente is en dat inset- en uitsetbedrywe meer gekonsentreerd raak, soos wat die 73%-afname van boere in die melkbedryf aantoon, aldus die verslag.

Die bevinding is dat die landbouwaardeketting hoogs geïndustrialiseerd is en gekenmerk word deur superkommersiële produksie deur groot boerderye, asook gekonsentreerde insetverskaffers en verwerkers. Dié struktuur hou die risiko in om kleiner boere se winsgrense onder druk te plaas omdat insetverskaffers wat oor die markkrag beskik, insetkoste vir kleinboere verhoog, terwyl verwerkers weer hul koopkrag kan aanwend om die pryse wat hierdie boere ontvang, laer te druk.

‘Groot skaal of niks’

Luidens die verslag belemmer hierdie “groot skaal of niks”-dinamika in die voedselkettings die geleenthede vir kleiner boere om by die landbou betrokke te raak. Daarom is die landbousektor gekies as een van die sektore wat in aanmerking gaan kom vir nuwe wysigings in die Mededingingswet wat koopkrag betref, om die speelveld meer gelyk te maak vir kleiner deelnemers en om hul potensiële uitbuiting deur dié wat oorheers te verhinder.

Vanuit ’n beleidsperspektief word kleinboere in Suid-Afrika beskryf as diegene “wie se skaal van boerdery te klein is om die dienste te bekom wat nodig is om produksie noemenswaardig te verhoog”. Deur die navorsing is bevind dat kleinboere verhinder word om te groei weens faktore soos ’n gebrek aan toegang tot finansiering, swak infrastruktuur en min toegang tot markte.

Luidens die verslag is beleidmakers en die mededingingsowerhede bekommerd oor die situasie. Die landbouwaardekettings sal dalk moet verander as die regering sy doelwitte vir transformasie en mikpunte wil bereik om die landbou te laat groei ter wille van ekonomiese herstel.

Wêreldwyd, en veral tydens die begin van die covid-19-pandemie, is daar ’n neiging om voorsieningskettings te verkort sodat verbruikers toenemend plaaslik aankoop vir redes soos klimaatsverandering, omgewingsfaktore, voedselveiligheid en gehalte, aldus die verslag. Benewens voordele vir verbruikers tel dit ook in die guns van kleinboere.

Mnr. James Hodge, hoofekonoom van die kommissie, sê korter voorsieningskettings bied meer geleenthede vir kleinboere omdat dit hoë vervoer- en ander koste verminder. “Dit bied die potensiaal om kleinboere se deelname in die waardeketting te verhoog en sal ook help om armoede in landelike gebiede te verlig en toegang tot gesonde, bekostigbare voedsel te verbeter.” 

Paniekaankope en onluste

Die kommissie se navorsing het getoon dat hoewel daar stygings in die pryse van produkte soos aartappels, tamaties en kookolie was, dit nie met die pandemie in verband gebring kan word nie. Daar was ook nie paniekaankope wat pryse opgejaag het nie. Tydens die Julie-onluste was daar egter klagtes dat pryse van noodsaaklik produkte soos kookolie, vleis, rys en suiker onbehoorlik opgestoot is toe die vraag groot was.

“In die konteks van die pandemie en die ekonomiese krisis is dit noodsaaklik dat die pryse van stapelvoedselprodukte gemonitor moet word ter wille van die publiek se welsyn, veral die armes. Die pandemie en die onrus het getoon dat lang voorsieningskettings in die moderne era ontwrig kan word. Wêreldwyd word vrae gevra oor die struktuur van die landbou, veral geïndustrialiseerde landbou, en die noodsaaklikheid om kleiner, plaaslike landboubedrywe te bevorder,” sê Hodge.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.97
-0.8%
Rand - Pond
20.59
-0.6%
Rand - Euro
17.37
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.23
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.3%
Goud
1,787.47
-0.3%
Silwer
23.96
-0.8%
Palladium
1,993.50
-0.8%
Platinum
1,020.50
-1.0%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,797
-0.3%
Alle aandele
67,494
-0.2%
Hulpbronne 10
63,048
-0.4%
Industriële 25
87,148
-0.2%
Finansiële 15
14,043
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Kom verdwaal in my oë
Ek is eerlik opreg en het n goeie sin vir humor. I am easy to talk to I'm independent. Ek is spontaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot