AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Klagtes teen Dundee-boer teruggetrek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die nasionale vervolgingsgesag het vandag in die Glencoe-landdroshof die klagtes teen die KwaZulu-Natalse boer mnr. Garth Simpson teruggetrek.

Simpson is op 28 September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy Qiniso Dlamini (17) na bewering vroeër dieselfde dag op Simpson se plaas in die distrik Glencoe doodgeskiet het. Hy is aangekla van moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Landbou.com het vroeër berig dat Simpson rondloperbeeste, wat onwettig op sy plaas gewei het, by ’n kraal ingejaag en die polisie ontbied het. Voordat die polisie opgedaag het, het Dlamini en onbekende mans na bewering gewelddadig probeer om die beeste te bevry.

Dlamini en van die mans het glo met Simpson handgemeen geraak om besit van Simpson se vuurwapen. Volgens berigte ’n skoot tydens die worsteling afgegaan en Dlamini noodlottig gewond.

Mnr. Jacques Broodryk, woordvoerder by AfriForum, sê die organisasie, wat geskrewe vertoë ingedien het dat die strafregtelike klagte Simpson teruggetrek moet word, is bly dat Simpson nou die voorval op die agtergrond kan skuif. “Hoewel die verlies van ’n lewe altyd jammer is, is ons van mening dat Simpson volgens die beskikbare bewyse nooit aangekla moes word nie.”

Kwanalu vra vir landelike veiligheid

Die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) sê die organisasie is tevrede dat reg en geregtigheid in Simpson se saak geskied het. Die organisasie was deurentyd betrokke by die saak en sê dit is uiters belangrik dat elkeen geregtig is op ’n regverdige wetlike proses.

“Ons glo dat die vervolgingsgesag hom meer moes bemoei het met die bewyse wat tydens Simpson se eerste verskyning voorgelê is, aangesien die onwilligheid om hierdie bewyse in ag te neem daartoe gelei het dat borgtog nie aan hom toegestaan is nie en hy vir vyf maande aangehou is.”

Die kwessie van rondlopervee op private eiendom is ’n ernstige saak wat ’n helder toepassing van wetgewing verg, sê Kwanalu. “Daar kan geen plek gelaat word vir eie interpretasie of verpolitisisering van sulke sake wat tot konflik en onstabiliteit in landelike gebiede lei nie.”

Kwanalu sê verskeie grondeienaars word deurlopend bedreig en ervaar ekonomiese sabotasie weens ’n gebrek aan reg en geregtigheid, min of geen reaksie op misdaad nie en ’n gebrek aan toegewydheid deur owerhede. Kwanalu het ’n beroep op alle belanghebbendes, staatsdepartemente en die polisie gedoen om hulself daartoe te verbind om ’n stabiele en veilige landelike ekonomie te skep.

Mnr. Kobus Visser, Agri SA se direkteur van landelike veiligheid, sê Simpson se geval is weer ’n voorbeeld van waar tydige optrede deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ’n tragedie kon voorkom het.

“Daar is te veel gevalle waar die polisie te laat of soms selfs glad nie teen onwettige betreding optree nie en dan volg daar ’n tragedie. Hopelik sal die nuwe Betredingswet, wat ’n verdere onus op die polisie plaas om in betredingsgevalle op te tree, help om toekomstige dergelike situasies te vermy.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
+0.1%
Rand - Pond
22.37
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Platinum
954.43
-0.6%
Palladium
1,435.63
+1.3%
Goud
1,964.06
-0.5%
Silwer
23.22
-0.5%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,752
+0.4%
Alle aandele
76,338
+0.4%
Hulpbronne 10
66,423
-0.1%
Industriële 25
103,244
+0.9%
Finansiële 15
15,590
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot