
Die strafsaak teen mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega-groep, is teruggetrek, het King op 29 Augustus in ’n WhatsApp-boodskap aan ’n groot aantal kennisse gesê.
“Dit is vir my besonder aangenaam om hiermee te bevestig dat die staat my regsadviseurs vandag in kennis gestel het dat die strafsaak teen my in persoon summier teruggetrek word en dat daar geen meriete vir vervolging was nie.
“Dankie vir almal wat in my onskuld geglo het, asook vir diegene wat voorbidding gedoen het. Ek gaan voort met my pogings om die skade wat my gesin en die besighede in die Mega-groep as gevolg daarvan aangedoen is om te keer,” het hy geskryf.
King is op 30 Mei op Bredasdorp in hegtenis geneem en is beskuldig van bedrog van R2,3 miljoen.