AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Klassifiseer dagga as kos, en klaar!

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die gebruik van dagga as kos dateer 10 000 jaar terug, maar volgens die ministerie van gesondheid en Sahpra het dit nie voedingswaarde nie, sê mnr. Ricky Stone van CTAA.

Alle dagga moet as voedsel geklassifiseer word, behalwe wanneer dit as deel van medisyne aangebied word of individuele of gekombineerde komponente daarvan in ’n produk geformuleer is.

Die Cannibas Trade Association Africa (CTAA) het hierdie voorstel gemaak toe hy kommentaar gelewer het op die wetsontwerp vir die private gebruik van dagga van 2020 wat die departement van justisie en korrektiewe dienste na die parlement gebring het vir verwerking.

Hierdie wetsontwerp is genoodsaak nadat die Grondwethof die parlement in 2018 gelas het om die grondwetlike defek in die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels (Wet 101 van 1965) en die Wet op Dwelms en Dwelmhandel (Wet 140 van 1992) te wysig sodat volwassenes dagga in die privaatheid van hul huis mag kweek, besit en gebruik.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is besig met die opstel van die regulatoriese stelsel en beoog om in Oktober gereed te wees om permitte vir spesifiek hennep uit te reik. Die permitte hiervoor wat die reguleringsowerheid vir Suid-Afrikaanse gesondheidsprodukte (Sahpra) reeds aan produsente uitgereik het, sal dan aan die departement oorgedra word sodat hulle nie benadeel word nie.

Daar is twee soorte permitte waarom aansoek gedoen sal kan word. Die een is vir primêre produksie en die ander vir vervaardiging. Omdat hennep ’n soort dagga is, het dit verskeie beperkinge op die produksie van hennep meegebring. Die grootskaalse kommersiële produksie van hennep word ook ingevolge die twee wette verbied. Daar word gehoop dat wanneer die wetsontwerp vir die private gebruik van dagga ’n wet word, dit van die beperkinge vir die daggabedryf sal verwyder.

’n Superkos

Die gebruik van dagga as kos dateer 10 000 jaar terug, maar volgens die ministerie van gesondheid en Sahpra het dit nie voedingswaarde nie, sê mnr. Ricky Stone van CTAA. Die organisasie wonder of dit met opset gedoen word. “Dit is ’n superkos en het baie voedingswaarde, baie meer as die meeste ander plante.”

Volgens die organisasie bevat dit 144 endo-kannabinoïde, maar oor slegs twee, CBD en THC, word hoofsaaklik gepraat. Die endo-kannabinoïdestelsel beheer die werking van alle stelsels in die menslike liggaam en beheer dus ’n mens se gesondheid. “Dagga is nie ’n medisyne nie, maar kos,” benadruk Stone. Dagga  bevat proteïen, vesel, noodsaaklike olies, verskeie vitamiene en noodsaaklike vetsure.

Die organisasie stel voor dat dagga soos vrugte gegradeer moet word. Die voorgestelde graderings is: graad AA vir mediese dagga met Sahpra as die lisensie-owerheid, graad A vir dagga wat binnenshuis gekweek is, graad B vir dagga in kweekhuise en graad C vir dagga wat buite verbou word. Vir graad A, B en C moet ’n lisensie van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling bekom word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.7%
Rand - Pond
19.34
-0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,625.20
-0.3%
Silwer
18.17
-1.2%
Palladium
2,065.00
-0.5%
Platinum
848.78
-0.6%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot