AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kleinboere honger vir finansiële dienste

Opkomende boere het min toegang tot finansiële dienste en net die helfte van hulle beskik oor bankrekenings.

Opkomende boere het min toegang tot finansiële dienste vir bedryfskapitaal – slegs 2,5% het krediet by ’n bank.

’n Studie deur die FinMark-trust wys familie en vriende is steeds hierdie boere se  grootste bron van krediet, sê mnr. Mike de Klerk, senior navorsingsgenoot aan die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Inklusiewe Bankwese in Afrika.

Hy en me. Frances Fraser, 'n streekdirekteur van PlaNet Finance, het die bevindinge van die studie op ’n werksessie oor die versnelling van finansiële insluiting vir mense op die platteland en in die landbou bespreek.

Die studie het op swart boere gefokus: 2,5 miljoen tot 3,5 miljoen bestaansboere, 350 000 tot 700 000 opkomende boere wat 'n deel van hul uitset bemark, en 15 000 tot 25 000 kommersiële kleinboere. Hierdie boere en die 1 miljoen tot 2 miljoen landelike huishoudings wat nié by landbou betrokke is nie, het een kwessie in gemeen: hulle kan nie grond as kollateraal gebruik nie.

Die helfte het bankrekenings
Die studie het getoon 46% van die opkomende en kommersiële kleinboere bly in stedelike gebiede, volgens De Klerk meer as wat verwag is. Die helfte van die respondente het formele spaar- of transmissiebankdienste gebruik en 30% het formele versekeringsdekking, hoofsaaklik begrafnispolisse, gehad.

Sowat 15% van die boere in die groep behoort aan informale spaar- en kredietgroepe, wat hulle gebruik vir die opbou van kapitaal om produksiemiddele te koop, eerder as vir krediet.

Uitgehonger vir bedryfskapitaal
De Klerk sê die totale formele korttermynlenings aan die groep beloop minder as R1,3 miljard per jaar, wat sowat 7% van die waarde van hul kapitale bates is. Hierteenoor is die waarde van jaarlikse insette vir groot kommersiële boere sowat 40% van hul kapitale bates. “Dit illustreer die ernstige tekort aan bedryfskapitaal wat opkomende en kommersiële kleinboere ervaar, hulle is uitgehonger daarvoor.”

Redes waarom hulle dit nie kry nie, sluit in ’n gebrek aan kollateraal en finansiële of produksierekords; swak ontwikkeling en/of uitsluiting van waardekettings; en swak beleidskoördinering in die openbare sektor.

Beperkte aanbod
Oor die aanbod van finansiële dienste het Fraser gesê op makrovlak is daar geen spesifieke landboufinansieringsbeleid nie. Op die tussenvlak is dienste in Suid-Afrika goed ontwikkel, maar sy twyfel of daar genoegsame koördinering en spesifieke infrastruktuur vir landboufinansiering is.

Die aanbod van dienste word onder meer beperk deur swak begrip vir kleinboere se werklikhede, ’n tekort aan toepaslik opgeleide personeel, produkte wat nie voldoende aangepas is nie, spaargeld wat selde as kollateraal gebruik word, swak inligting oor kliënte, hoë transaksiekoste om met individuele klein kliënte te werk en onvoldoende gebruik van tussengangers.

Die verslag oor die studie kan gelees word by http://www.finmark.org.za/publication/the-status-of-agricultural-and-ruralfinance-in-south-africa/

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-0.4%
Rand - Pond
20.08
+0.3%
Rand - Euro
17.63
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,714.97
-0.1%
Silwer
20.59
-0.2%
Palladium
2,279.50
+0.9%
Platinum
925.50
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,571
+0.6%
Alle aandele
65,969
+0.5%
Hulpbronne 10
63,097
-0.9%
Industriële 25
80,356
+1.4%
Finansiële 15
14,081
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot