Die finale skatting van die koring-oes beloop 2 005 000 ton, bykans 5% minder as die vorige skatting, sê die Nasionale Oesskattingskomitee.
Altesaam 604 700 ha is met koring beplant en die Oesskattingskomitee voorsien ’n gemiddelde opbrengs van 3,32 t/ha.
Die finale oesskatting vir moutgars is feitlik onveranderd op 312 000 ton gelaat. Die verwagte gemiddelde opbrengs van die 80 150 ha onder moutgars is 3,89 t/ha
Die kanola-skatting is met 1,7% opwaarts aangepas tot 58 800 ton. Altesaam 43 510 ha is met kanola beplant en die verwagte opbrengs is 1,35 t/ha.
9 Mei 2012