AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9367
11,00
CORN
30 Sep
-
4856
-12,00
SOYA
30 Sep
-
8760
35,00
SUNS
30 Sep
-
10161
-44,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4893,8
1,80
YMAZ
30 Sep
-
4570
11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kleiner wyndruif-oes ná taai seisoen

Die totale wyndruif-oes sal na verwagting 6,7% kleiner as in 2015 wees.

Uitdagende toestande het daartoe gelei dat Suid-Afrikaanse produsente 'n kleiner wyndruif-oes behaal het, maar druiwe was gesond en gekonsentreerde geure hou die belofte vir mooi wyne in.

Dit is volgens die wingerdkonsultante van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg 3500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders. Die totale wyndruifoes sal na verwagting 6,7% ligter as in 2015 wees.

“Hoewel die oes kleiner is, is dit steeds groter as wat aanvanklik verwag is na 'n seisoen gekenmerk deur abnormale hitte en watertekorte,” sê mnr. Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se wingerdboukundige konsultasiediens.

Water het groot  rol gespeel

Watervoorraad het 'n groot invloed op die oes gehad, veral waar wingerde nie teen uitermatige hitte gebuffer kon word nie. Die Robertson- en Klein Karoo-streke wat baie goeie winterreëns ontvang het, het hoër produksies behaal, terwyl Worcester ook 'n groter oes ingeneem het. Die meeste ander streke het kleiner oeste gerealiseer, maar Stellenbosch en die twee droëlandstreke, Paarl en Swartland, se oeste was heelwat kleiner as in 2015.

Baie warm weer is veral van einde Oktober tot einde Januarie ondervind, wat groei belemmer het en tot laer trosmassas en kleiner korrels aanleiding gegee het. Die droë toestande het egter daartoe gelei dat wingerde en druiwe oor die algemeen baie gesond was.

Aan die positiewe kant lei kleiner korrels tot meer gekonsentreerde kleur en geur, en kan goeie wyne uit die 2016-oes verwag word.

Jongste skatting

Die 2016-wyndruifoes word op 1 378 596 ton geraam volgens die jongste skatting (30 April 2016) van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf Inligting en -Stelsels (Sawis). Dit is 6,7% laer as die 2015-oes.

Na verwagting sal die 2016-wynoes – sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, wyn vir brandewyn en distilleerwyn ingesluit – 1 070,8 miljoen liter beloop, bereken teen ’n gemiddelde verhaling van 777 liter per ton druiwe.

Oorsig van die streke:

Breedekloof: 'n Effens kleiner oes as in 2015, maar steeds bogemiddeld groot en van goeie gehalte.

Klein Karoo: 'n Koue, nat winter en warm, droë somer bring 'n groot en gesonde oes.

Malmesbury/Swartland: 'n Aansienlik kleiner oes is vroeg en oor 'n kort tydperk afgehaal.

Olifantsrivier: Ondanks 'n uitdagende klimaat en kleiner oes, word goeie gehalte wyne verwag.

Oranjerivier: 'n Ietwat kleiner oes met groot variasies in opbrengste tussen produsente.

Paarl: 'n Abnormaal klein oes waarvan kultivars vroeg en op mekaar ryp geword het.

Robertson: Ideale seisoenstoestande lei tot 'n groter oes en belowende wyne.

Stellenbosch: 'n Heelwat kleiner oes weens besonderse droë, warm weer en veldbrandskade.

Worcester: 'n Groter oes, ondanks beperkte water, ongewone hitte en veldbrande.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
+0.3%
Rand - Pond
20.09
-0.7%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,669.78
+0.5%
Silwer
19.14
+1.7%
Palladium
2,226.00
+0.9%
Platinum
878.50
+1.2%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,336
+0.7%
Alle aandele
63,637
+0.6%
Hulpbronne 10
60,730
+1.6%
Industriële 25
77,054
+0.4%
Finansiële 15
13,732
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot