AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kleinste koringoes in dekades verwag

Die kleinste koringoes in dekades word in die komende seisoen deur Graan SA en die Oesskattingskomitee verwag.

Die kleinste koringoes in dekades word in die komende seisoen deur Graan SA en die Oesskattingskomitee verwag.

Luidens die mees onlangse oesskattingsverslag sê die komitee boere is tans van voorneme om in die komende seisoen sowat 547 200 ha koring aan te plant. Dít is 9,5% oftewel 57 500 ha minder as die koring wat verlede jaar aangeplant is.


“Dit is ook die kleinste oppervlak beplant met koring sedert die vroeë 1900’s,” lui die verslag. Die provinsie waar na verwagting die meeste koring aangeplant sal word, is die Wes-Kaap met 265 000 ha, gevolg deur die Vrystaat met 168 000 ha en die Noord-Kaap met 44 000 ha.


Winsgewendheid

Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, sê die grootste rede vir die kleiner aanplanting is die feit dat dit nie meer winsgewend is om koring aan te plant nie.

Hy verwag dat aanplantings in die Wes-Kaap met 7% kan daal, terwyl hy meer drastiese dalings in die Oos- en Wes-Vrystaat verwag. In die Oos-Vrystaat is gebrekkige grondvog ’n groot probleem.


“Ek meen die komitee se skatting is optimisties. Ek verwag ’n kleiner oes,” sê Theron. Hy sê die grootste rede agter gebrekkige winsgewendheid is die prysstruktuur. Hy sê ’n beter prysbepaling sal die bedryf baie help.


“Die koringbedryf ding regstreeks mee met ’n stelsel vir mielies en sojabone. Met koringaanplantings is daar altyd ’n probleem. Soms is dit die gradering en ander kere die reën, maar daar is altyd iewers ’n probleem,” sê Theron.


Mielies

Intussen is die skatting vir die mielie-oes wat tans op die lande, staan afwaarts aangepas, soos wat deur die landbousektor verwag is. Dié oes sal na verwagting 11,121 miljoen ton sal wees. Dit is sowat 1,63% laer as die vorige skatting van 11,306 miljoen ton.


Die oppervlakte onder mielies is na verwagting 2,699 miljoen ha met ’n verwagte gemiddelde opbrengs van sowat 4,12 ton/ha is. Die opbrengs is vroeër op 4,19 ton/ha geskat.


Die produksieskatting vir wit mielies is 6,415 miljoen ton. Dit is sowat 124 000 ton laer as die vorige skatting van 6,539 miljoen ton. Die produksieskatting vir geel mielies is ook laer op 4,706 miljoen ton. Dié vorige skatting was 4,766 miljoen ton.


25 April 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.18
+0.2%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,705.52
-1.2%
Silwer
20.29
-3.7%
Palladium
2,295.50
-1.2%
Platinum
920.50
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,405
-0.7%
Alle aandele
65,826
-0.7%
Hulpbronne 10
63,657
-1.4%
Industriële 25
79,717
-0.4%
Finansiële 15
14,005
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot