
Dít ten spyte van ’n verbod op invoer uit lande wat met die siekte besmet is. Die siekte is hoogs aansteeklik en veroorsaak hoë vrektes onder kleinvee en wild. Dit het nooit voorheen in Suider-Afrika voorgekom nie. In 2009 is ’n opskudding veroorsaak toe dit tot so ver suid as Tanzanië gevorder het.
Die jongste uitbreking skep ’n groter risiko dat dit na Suid-Afrika kan versprei. Kleinveekuddes hier het nie immuniteit daarteen nie. Volgens die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) het die dieregesondheidsdiens in Angola waarneming verbeter in die provinsies wat aan buurlande grens om te keer dat dit verder versprei.
Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Dieregesondheidsforum, sê boere is in die algemeen redelik ingelig oor die siekte en die kans is nie groot dat dit tot hier sal vorder nie. “Boere, veral grensboere, moet net hul oë oophou en nie toelaat dat diere oor die grens beweeg nie.”