AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kleurvariante in wild volg die mark

“Met wild het jy elke jaar aanwas wat jy kan verkoop terwyl jy jou oorspronklike belegging hou.”

Wild met ongewone kleure is nie immuun teen markskommelinge nie, en huidige laer pryse beteken nie dat die mark vir sulke diere nou platval nie, meen wildkenners. Mnr. Piet Warren van Gravelotte in Limpopo, sê die mark vir kleurvariante is ’n sintetiese mark wat nie uit die behoefte van die jagbedryf ontstaan het nie, maar eerder weens ’n behoefte na iets ongewoon.

Hy sê omdat so baie beesboere oorgeslaan het na wildboerdery, veral in Limpopo, is daar ’n soeke na iets anders as trofeegenetika, en dít is wat aan die vraag na kleurvariante momentum gegee het.

Mnr. Lood Bester van Wildswinkel stem saam. Hy sê hoewel Rowland Ward en Safari Club International nie spesiale onderskeid maak vir kleurvariante nie, sal daar altyd jagters wees wat nie noodwendig vir die rekordboeke jag nie, maar eerder vir nog ’n trofee of ’n versameling van verskillende kleurvariante.

Waarde

Oor die pryse van kleurvariante sê hy dieselfde geld daar as wat vir die res van die wildbedryf geld. “Topdiere gaan altyd hoë pryse behaal, en net soos stoetbeeste nie geslag word nie, gaan hierdie wild en hul kalwers of lammers nie op die jagveld opeindig nie,” sê Bester.

Hy sê diere soos swart rooibokke wat vanjaar teen aansienlik minder verhandel as vorige jare weerspieël bloot die vraag wat besig is om te versadig. “Dit beteken nie die mark het platgeval nie. ’n Rooibok wat teen R80 000 of R90 000 verhandel is nog steeds ’n baie duur bok.”

Hy gee toe dat boere wat verlede jaar tussen R500 000 en R750 000 vir dieselfde wild betaal het nou inboet op waarde, maar wys daarop dat alle markte siklusse het. “Die verskil met wild is dat ons ons deur hierdie siklusse kan teel. As jy goud of ’n Pierneef-skildery koop en die prys verlangsaam, het jy geen keuse anders as om te wag vir die marksiklus om te draai nie. Met wild het jy elke jaar aanwas wat jy kan verkoop terwyl jy jou oorspronklike belegging hou.”

Mnr. Barry York van York Safaris, een van die pioniers in die teel van goue wildebeeste in Suid-Afrika, sê die verlangsaming in pryse van wild is nie tot kleurvariante beperk nie. “Ons gaan deur ’n droogte, trekkerverkope het verlangsaam, voer is peperduur, daar is 19 000 plase op die mark. Hoe kan enigiemand verwag dat wild hierdie tendense moet systap en aanhou om teen rekordpryse te verkoop?”

Soos Bester glo York egter dat diere van hoë gehalte altyd goeie pryse gaan haal. Hy meen selfs kommersiële wildboere is nog steeds nie besig om agteruit te boer nie. “Goue wildebeesbulle word nou gejag teen ’n gemiddelde prys van R280 000 stuk. Twee wildebeeste is gelykstaande aan een grootvee-eenheid. Teen daardie prys per halwe grootvee-eenheid is daar min dinge wat inkomstegewys per hektaar kan kompeteer.”

York meen wildtelers en ernstige wildboere gaan die huidige markpryse gemaklik oorleef omdat hulle ’n langtermynvisie op die bedryf het, maar dat spekulante dalk tog verliese kan ly. “Tot onlangs toe het alle kleurvariante teen goeie pryse verkoop, maar nou is daar baie diere op die mark en kopers kan kieskeurig wees oor die genetika wat hulle wil hê.”

Bester sê dit is presies wat gebeur en wys na diere soos die goue wildebeesbul, Kentaro, wat vroeër vanjaar R6 miljoen by mnr. Piet du Toit se veiling gehaal het. Hy sê die kleurvraag is dalk nou vir sommige spesies besig om te stabiliseer, maar dat daar altyd goeie pryse vir goeie genetika betaal gaan word. “Iemand wat nou ’n swart rooibokram met horings van 26 duim teel, gaan ongekende geld daarvoor verdien.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.7%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,636.66
+0.9%
Silwer
18.69
+1.9%
Palladium
2,121.00
+3.8%
Platinum
862.50
+1.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot