AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Klimaatsverandering: Ondersteun landbou om aan te pas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie: Engela Duvenage
Ter illustrasie: Engela Duvenage
Lewe op ’n warm planeet kan wêreldwye voedselsekerheid in die weegskaal plaas.

Daarom moet regerings daadwerklik begin om meer geld te bestee om aanpassings te maak en landbou-opsies te ondersteun wat meer weerbaar teen klimaatsverandering is.

Dis die boodskap van ’n ope brief aan wêreldleiers wat onderteken is deur meer as 70 landbouverwante organisasies, wat saam glo sowat 350 miljoen familieboere, vissers, veeboere en bosbouers reg oor die planeet verteenwoordig. 

Die brief is gekoördineer deur die Food and Farm-afdeling van die internasionale unie vir die bewaring van die natuur (IUCN).

Onder die ondertekenaars is die World Rural Forum en die Alliance for Food Sovereignty in Africa. Die uitreik van die brief gister het saamgeval met die eerste formele dag van samesprekings tussen wêreldleiers op COP27 in die Egiptiese vakansiedorp Sharm El-Sheikh.

Dis die eerste klimaatsveranderingskonferensie sedert 2011 in Afrika en duur tot Vrydag 18 November.

Gesprekke oor voedselsekerheid en klimaatsfinansiering is hoog op die agenda.

“Tans is die wêreld se voedselstelsel nie bestand genoeg teen die impak van klimaatsverandering nie,” word in die brief geskryf.

Die Food and Farm-afdeling vra groter klem op ’n meer gediversifiseerde landboubedryf ten opsigte van gewasse en minder chemiese insette, en dat ryker lande heelwat meer geld beskikbaar sal stel dat die nodige aanpassings te midde van klimaatsverandering vroegtydig gemaak kan word. Slegs 1,7% van alle klimaatverwante besteding is teen 2018 aan Asië en Afrika suid van die Sahara toegewys. 

“Ryker lande het in 2021 hul aanpassingsfinansiering tot $40 miljard per jaar teen 2025 op die Glasgow-klimaatsberaad verhoog.

Dis egter net ’n fraksie van wat nodig is,” sê die briefskrywers. Geen Suid-Afrikaanse organisasies tel onder die ondertekenaars nie. Heelwat plaaslike organisasies, aktivistegroepe, wetenskaplikes, regeringslui en medialede woon wel COP27 by. 

Twee nuwe inisiatiewe

Gister het die VN twee nuwe inisiatiewe aangekondig om weerbaarheid teenoor droogtes te verbeter, en om beter vroeë waarskuwingstelsels teen byvoorbeeld vloede te ontwikkel.

Spesifieke tematiese dae word gedurende die samekoms van twee weke aangebied rondom byvoorbeeld energie, water en biodiversiteit. Die landbousektor, en veral aanpassings wat gemaak kan word om voedselstelsels te ondersteun te midde van ’n veranderende klimaat, word op 12 November bespreek. 

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai), reken COP27 is die belangrikste COP-samekoms ooit vir boere, omdat dit die eerste keer is dat die klem soveel op voedselstelsels val. Saai is ’n verteenwoordiger van Suid-Afrikaanse boere op die Wêreldboere-organisasie, en sal daarom ook op COP27 by beleidsgesprekke en onderhandelinge oor landboukwessies betrokke wees.

Luidens ’n verklaring deur Saai sal “die stem van Suid-Afrikaanse produsente” oor die volgende twee weke in meer as 30 vergaderings gehoor word oor kwessies soos aanpasbaarheid, metaangasvrystelling by herkouers, belastings en tariewe op vleis, wol en veen, koolstofkrediete, nuwe produksietegnologie en naspeurbaarheid. De Jager lei as voorsitter die afvaardiging van die Food, Agriculture and Natural Resources Policy Analysis Network, ’n netwerk sonder winsoogmerk van Afrika-regerings en steunbasisse wat diplomatieke status in Suid-Afrika geniet, na COP27. 

Middelpunt

Hy sê boere moet in die middelpunt van beleidsvorming oor klimaatskwessies geposisioneer word. Boere is nie onverskillig wanneer dit by biodiversiteit, die natuur of klimaat kom nie. 

“Inteendeel, niemand leef so naby aan die natuur soos die wêreld se boere nie. Hier in Suid-Afrika word groot moeite gedoen om dierewelstand en etiese protokolle in die produksie van vee- en plantgebaseerde voedselsoorte te volg sodat dit die minimum skade aan natuur en biodiversiteit tot gevolg het.

“Dit is nie in die belang van die mensdom om kapitaal of mag in die voedselstelsels te sentraliseer nie. Ons kan nie die wêreld se voedselvoorraad en verspreiding aan ’n paar groot maatskappye oorlaat nie. 

“Die landbou is steeds die grootste verspreider van entrepreneurskap in die wêreld. Hoe meer individuele gesinne as klein, mediumgroot en selfs groter grondgebaseerde besighede bedryf word, hoe beter. Daar is geen ander sektor van ons ekonomie wat rykdom kan skep op ’n breër basis as wat die landbou dit kan doen nie.”

  •  In ander verwante nuus is mnr. Janse Rabie, Agri SA se hoof van regs- en beleidsake, as lid van Suid-Afrika se presidensiële klimaatkommissie aangestel.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot