Kapenaars moes dae lank toekyk hoe brandbestryders in ’n dik wolk rook spook om ’n brand teen die hange van Tafelberg onder beheer te bring.
Sterk wind het die vlamme na die Universiteit van Kaapstad se Rondebosch-kampus versprei en dit het die Jagger-biblioteek, die oudste biblioteek in Suid-Afrika, vernietig.
Nou het ’n studie bevind dat klimaatsverandering ’n groot rol gespeel het in die aard van die verwoestende brand en dat dit Kaapstad se risiko vir nóg meer brande in die toekoms verdubbel het.