AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kodesa vir landbou, sake, Regering gevra

'n Ekonomiese Kodesa is dalk dringend nodig tussen die landbou, die sake-sektor en die Regering, meen die TLU SA.

Teenkanting teen die voorstelle waarvolgens werkers substansiële regte op plase sal kry en boere in effek 50% van hulle boerderye gaan verloor, is deur die TLU SA uitgespreek.

Die TLU SA se uitvoerende komitee het op ‘n spesiale vergadering sy teenkanting uitgespreek teen die voorstelle waarvolgens plaaswerkers substansiële regte kry op plase, en waardeur boere in effek 50% van hulle boerderye gaan verloor.

Die organisasie sê dat die persepsie wat geskep word dat alles wat in die land verkeerd loop, boere se skuld is, is onregverdig en ongegrond. Boere het deur die eeue die land van kos en vesel voorsien en het hulle grond op regmatige wyse bekom en hoef nie skuldig te voel teenoor enigiemand oor enigiets nie.

Aan die hand van statistiek is kennis geneem dat grondhervorming tot dusver 'n mislukkingskoers van meer as 90% het, het waardeur talle mense werkloos gelaat is, sê die TLU SA in 'n nuusverklaring.

Boekert van wette
Tans is daar 'n “boeket van wetgewing” wat op mekaar inwerk en veral op die landbou toegespits is. Die jongste daarvan sluit in:
* Die Nasionale Ontwikkelingsplan wat 20% wil grond neem vir grondhervorming, terwyl ander boere dit met 50% moet finansier.
* Die jongste voorstelle van Departement Grondsake en Landelike Ontwikkeling waarvolgens 'n boer 50% van sy plaas moet afstaan aan sy werkers (ongeag of hulle op die plaas woon of nie).
* Verblyfreg-wetgewing wat voorsiening maak vir grond wat aan bewoners (wat nie noodwendig eers werkers is nie) gegee moet word.
* Wysigingswet op die Herstel van grondregte wat 'n magdom nuwe eise gaan loslaat op plase.
* Die grootste armoede kom voor in gebiede waar gemeenskappe geen aktes besit nie en gemeenskaplike grond is.

G'n boer het grond gesteel nie
Die redes waarom TLU SA die jongste voorstelle verwerp, is:
* Boere het geen grond ooit gesteel nie. As die staat grondhervorming wil toepas, moet hy dit finansier. Boere is nie bereid om dit te doen nie.
* Dis posisionering van die Regering is op grond van die Freedom Charter, wat uiteindelik beheer oor alles wil verkry. Landbougrond is maar net die eerste teiken.
* Die huidige proses lei tot sosialisme wat wêreldwyd misluk het en gelei het tot armoede
* Dis ‘n vorm van nasionalisering, ongeag of dit nou verbloem word onder terme soos “ontneming”.
* Dit is die sekerste en kortste pad na hongersnood.
* Landelike stabiliteit en stabiele landelike ekonomie word drasties versteur en selfs vernietig
* Werkloosheid sal toeneem.
* Winspersentasie op boerdery staan gemiddeld op 3%. Enige wegneem groter as dit, lei tot finansiële ondergang.
* Boere is nie in staat om 50% van die finansiering van grondhervormingsplase op hulle te neem nie. Boonop is dit onregverdig en onbillik, daarom is boere bloot nie bereid om dit te doen nie.

Nuwe dokument
Die TLU SA is besig om 'n uitgebreide dokument op te stel wat sy landbouplan vir die toekoms sal uitspel. Van die aspekte daarin is:
* Daar is geen probleem met nuwe toetreders tot landbou wat wil boer ter wille van uitbreiding van voedselsekerheid nie. Daardie toetreders kan deur die Regering ondersteun word met finansiering en infrastruktuur. Boere is in meeste gevalle gewillig  om nuwe toetreders met raad en kundigheid te voorsien om hulle suksesvol te maak ter wille van volhoubare landbou.
* Meer klem moet gelê word op die gewillige koper. Gewillige kopers maak oor die algemeen 'n sukses van hulle onderneming, terwyl eisers 'n persepsie het dat hulle kits-miljoenêrs kan word.
* Swart ekonomiese bemagtiging moet vervang word met breëbasis ekonomiese bemagtiging, wat gaan oor bekwaamheid en vermoë en nie op ras nie.
* Die Staat moet met grondhervorming by homself begin deur sy eie grond beskikbaar te stel, en om voormalige tuislande tot optimale produksie te ontwikkel.
* Grondhervorming behoort deur die ope en vrye mark plaas te vind.
* Boere word aangemoedig om te meganiseer, en arbeid verminder.
* Die geskiedenis moet onafhanklik, desnoods deur objektiewe internasionale historici, ontleed word om te bepaal of enige grond gesteel is of nie.
* Die lank uitstaande volledige grondoudit moet deurgevoer word. Tans is daar steeds geen sekerheid hoeveel grond reeds in swart hande is nie. Doelwitte is heel moontlik reeds oorskry wat baie van hierdie emosionele prosesse dalk oorbodig maak.
* Mentors en voorligtingsbeamptes wat ingespan word, moet bewese suksesvolle boere wees. Geen onsuksesvolle boer kan ooit 'n suksesvolle mentor wees nie.

Die TLU SA het hom ondubbelsinnig verbind tot die vrye mark en die kapitalistiese stelsel. Sy voorstelle word derhalwe vanuit hierdie perspektief gemaak.

TLU SA het egter sy kommer uitgespreek dat die Regering 'n ander agenda het wat nie hiervoor voorsiening maak nie, en afstuur op 'n sosialistiese bestel. Die Regering word gedaag om openlik te sê waarheen en op watter model hy afstuur.

Laastens se die TLU SA dat 'n ekonomiese Kodesa tussen landbou en sake-sektor, saam met die Regering, dalk dringend noodsaaklik geword het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-1.0%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.53
-0.9%
Silwer
20.26
-3.8%
Palladium
2,257.00
-2.8%
Platinum
920.50
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,262
-1.0%
Alle aandele
65,657
-1.0%
Hulpbronne 10
63,581
-1.5%
Industriële 25
79,478
-0.7%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot