AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Koedoeskop skenk 16 000 bale voer!

Agri Noordwes en Koedoeskop se reuse-baalprojek is ‘n voorbeeld van saamstaan en saamwerk op die boeremanier!

‘n Uiters suksesvolle droogtehulpprojek wat in Februarie 2016 van stapel gestuur is om boere in die deur droogte geteisterde Noordwes by te staan, het in Koedoeskop ten einde geloop.

Hierdie projek is moontlik gemaak deur die samewerking tussen talle skenkers, van die voorste verskaffers van landbou-insette tot die boere van Koedoeskop wat hul mieliereste kosteloos beskikbaar gestel het.

Onder leiding van Agri Noordwes is meer as 16 000 rondebale (mieliereste) kosteloos op die plase van honderde droogtegeteisterde boere afgelewer.

“Ons het almal een gemeenskaplike doel in die landbou en dit is om volhoubaar te kan boer”, sê mnr. Andries Pretorius, voorsitter van die Koedoeskop Boerevereniging. "Dit was die hoofrede  waarom die gemeenskap besluit het om by die projek betrokke te raak. In die proses is ons die geleentheid gegun om droogtegeteisterde boere te help ondersteun om die droogte te kan oorkom.”

Ruvoer aangebied

Die projek het sy ontstaan gehad nadat die boere in die besproeiingskema van Koedoeskop in Limpopo in Februarie mieliereste as ruvoer aan die boere in Noordwes aangebied het, met die voorwaarde dat hulle dit self baal en vervoer.

Agri NW het die inisiatief geneem, die projek behoorlik beplan en verskeie landboumaatskappye  genader wat dadelik ingestem het om te help.

Volgens mnr. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri NW, het New Holland SA, Rovic & Leers, Radium, Jupidex, John Deere SA, Obaro, Afgri, Agrinet, Total SA, Same Equestra, NWK Meganisasie en Forkman almal saamgestaan om toerusting, brandstof en ander benodighede te skenk om die mieliereste te baal.

Ander organisasies, soos Agri SA, die Caring Daisies, kerkgroepe en selfs individue het ruim bygedra met geldelike skenkings wat, hoofsaaklik vir die vervoer van die bale aangewend is.

Meer as 16 000 bale!

Die meer as 16 000 rondebale is deur 308 vragte versprei na 21 verskillende droogtegeteisterde gebiede in Noordwes. Die vervoerkoste is grotendeels deur Agri SA se droogterampfonds gedek, met Caring Daisies wat 26 vragte geborg het.

Volgens Pienaar, wat die projek gekoördineer het, het die vriendelike en behulpsame boere van Koedoeskop nie net ruvoer geskenk nie, maar ook toerusting en arbeid verskaf.

Agri NW en al die dankbare ontvangers van droogtehulp betuig hul opregte waardering en dankbaarheid teenoor die wonderlike gebaar van omgee en ondersteuning aan al die skenkers om van hierdie projek ‘n sukses te maak!

Met die laaste vrag wat Vrydag, 2 September, gelaai is, kom die voerhulp uit Koedoeskop tot ‘n einde. Die besproeiingsboere van Koedoeskop is reeds weer ernstig besig om lande voor te berei vir die komende plantseisoen.

Moeilike tye nog voor

Volgens Pienaar is die boere in Noordwes steeds aangewese op voerskenkings aangesien die droogte nog steeds nie gebreek is nie.

“Die moeilikste maande lê nog voor aangesien ons nou wag vir die lentereëns en die eerste weiding eers vyf weke daarna beskikbaar sal wees. Ons benodig steeds dringend ruvoer om diere aan die lewe te hou, aangesien die meeste van ons voerskenkings nou op is,” sê Pienaar.

Agri NW doen ‘n ernstige beroep op enige boere wat oortollige voer het om dit af te staan aan droogtegeteistede boere om dit beskikbaar te stel vir verspreiding. Dit sal tragies wees indien die einde van die Winter nou die spreekwoordelike “kameel se rug breek” omdat boere nie die uitwerking van die droogte hierdie laaste paar maande kan oorkom nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.88
-1.4%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.50
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,705.36
-1.2%
Silwer
20.10
-4.6%
Palladium
2,219.00
-4.5%
Platinum
907.50
-2.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,125
-1.2%
Alle aandele
65,528
-1.2%
Hulpbronne 10
63,452
-1.7%
Industriële 25
79,174
-1.1%
Finansiële 15
13,970
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot