Koffieboere in Kenia ly groot verliese omdat hulle oeste van landerye af en uit fabrieke gesteel word.
Luidens ‘n berig op AllAfrica.com buit sindikate tans dié bedryf uit weens die hoë pryse wat internasionaal vir die gewas behaal word.
Volgens die berig word die koffie wat in die sentrale en oostelike dele gesteel word aan private meulenaars verkoop. Die westelike gedeeltes asook die Nyanza-streek se winste word egter in groot hoeveelhede na Uganda gesmokkel.
Luidens die berig sê koffieboere dat sakelui, sekuriteits- en provinsiale administratiewe beamptes het op dié soustrein gespring. Dié mense huur glo middelmanne om koffie van boere se landerye af te steel, of om vragmotors wat na meulens op pad is, te kaap.
Sommige boere word so erg geraak dat hulle noodgedwonge sekuriteitswagte moet huur om hulle landerye op te pas, asook hulle oeste wat vervoer word.
Bron: AllAfrica
20 Desember 2011