AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kom ontdek jou innerlike plaasjapie op Reitz

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Leerlinge van die Reitz Landbou-akademie werk aan hul groentetonnel. Foto: LBW-argief
Leerlinge van die Reitz Landbou-akademie werk aan hul groentetonnel. Foto: LBW-argief
Bokdrol-spoeg, skape tel, bale dra, kleilat gooi en kettie skiet is deel van die pret by Reitz Landbou-akademie se jeug-en-opedag op Vrydag 29 Julie.

As jy boonop hou van skaapkop, afval, beesstert en allerlei boerekos van die plaas, is hierdie net die geleentheid om jou hele gesin aan al dié heerlikhede bloot te stel.

“Ons wil graag die jeug van die landbou bewus maak en toesien dat hul ervaring van die landbou lekker is,” sê mnr. Jors Kriek, ’n plaaslike boer en voorsitter van die landbou-akademie se direksie. Die pretdag dien terselfdertyd as opedag vir die skool – die eerste skool in die land wat herlewings- en presisielandbou op ’n praktiese wyse by sy leerplan insluit.

“Ons het drie jaar gelede al ’n leerplan begin ontwikkel vir herlewings- en presisie-landbou en dié spesialisasie is uniek aan ons skool. Dit word aangebied vanuit ’n praktiese uitgangspunt, soos trouens al die landbouvakke wat ons aanbied.”

’n Praktiese demonstrasie van hoe gesonde grond lyk, toetse vir die grond se vermoë om water te behou, en allerlei leersame landbou-aktiwiteite vir kinders vorm deel van die dag. Kinders gaan wolbale dra, leer hoe om skape te tel en dan kyk wie tel die vinnigste en akkuraatste, op ’n wa en trekker rondry, en kyk wie die mooiste pakhuis uit karton kan bou.

Graan SA bied ’n kompetisie aan om te sien wie kan die vinnigste mielies skoonmaak en die Landbou-akademie se eie boerdery, wat skape, beeste, varke en konyne insluit, word uitgestal. Volgens Kriek is daar groot pryse op die spel in al die kompetisies. Daar is reeds meer as 25 uitstallers wat hul produkte kom vertoon.

“Enigeen wat dit wil bywoon, is meer as welkom; dis nie net jongmense wat die dag sal geniet nie. Ons nooi elkeen hartlik uit om te kom kyk hoe ernstig ons hier op Reitz oor die landbou is,” sê Kriek.

Die opedag vind plaas by die skoolterrein van die Reitz Gekombineerde Skool in Davelstraat en begin om 11:00.

Vir nog inligting, kontak me. Dricky Wessels by 084 400 0470.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot