
Die Departement van Handel en Nywerheid sê die pluimveebedryf en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is deel van die komitee wat hy op die been gebring het om na dié bedryf se uitdagings te kyk.
Die komitee moet ’n strategie ontwikkel om die uitdagings op ’n holistiese en volhoubare manier te pak. Die departement het in ’n verklaring gesê die Regering het al verskeie stappe gedoen om aan die uitdagings aandag te gee, soos hoër invoertariewe in 2013 en teenstortingstariewe teen drie Europese lande in 2015.
Die twee departemente soek ook voortdurend nuwe uitvoermarkte vir hoendervleis.