Die Oesskattingskomitee beraam dat mielieboere in Mpumalanga en die Vrystaat die afgelope weke sowat 200 000 ton droogteskade gely het.
Die komitee se jongste mielie-oesskatting is ’n verwagte 10,8 miljoen ton – sowat 2% minder as met die eerste produksieskatting ’n maand gelede.
Die verwagte witmielie-oes is met 102 700 ton afwaarts aangepas, en staan nou op net onder 6,26 miljoen ton.
Die verwagte geelmielie-oes is met 110 100 ton verminder, en is nou 4,57 miljoen ton.
Die jongste sonneblomsaad-produksieskatting is verhoog. Dit is nou 831 220 ton, wat 22 800 ton ho?r is as ’n maand gelede. Dit is grootliks danksy ’n verhoogde oppervlakte-beraming. Dié verwagte gemiddelde opbrengs is steeds sowat 1,3 miljoen ton, soos met die vorige oesskatting.
Die sojaboon-oesskatting is met 19 700 ton verlaag en staan nou op 709 350 ton. Die verwagte gemiddelde opbrengs is van 1,74 ton per hektaar met die vorige skatting tot 1,7 ton per hektaar verlaag.
24 Maart 2011