
Groot kommer heers in Namibië oor skade aan vanjaar se mielie-oeste weens die teenwoordigheid van die herfs-kommandowurm.
Die Namibiese Landbou-Unie (NLU) sê volgens beskikbare inligting kom dit wyd voor in die noordelike kommunale gebiede.
Dit het ook na kommersiële landbou-gebiede versprei maar dit is moeilik om die omvang en skade vas te stel.
Boere, in samewerking met die ministerie van landbou, en verskaffers is besig om chemikalieë te toets om te bepaal wat bied die doeltreffendste beheer. Ondersoek word ook ingestel na maniere om die chemikalieë toe te dien.
Die NLU vra proewe moet dringend gedoen en inligting met produsente gedeel word.