Groot kommer heers in landboukringe oor die min veeartse wat die landbou in Suid-Afrika bedien, veral op die platteland.
Mnr. Marius Viljoen, besturende direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy Ceva, het op ’n prysoorhandiging in Midrand gesê te min veeartse word in die land opgelei. Boonop verkies die meeste jong gegradueerdes om eerder troeteldiere te behandel.
Daar is ook ’n tekort aan jong veeartse op die platteland om na boere se diere om te sien.
Oplossing?
’n Oplossing is om jong mense in die buiteland as veeartse op te lei, moontlik in Frankryk, wat ’n hele aantal opleidingsentrums vir veeartse het.
Hy verneem ook die Noordwes-universiteit oorweeg ’n veeartsenykundige kampus om die opleiding van veearts-studente op die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus aan te vul.
Kritiek word gereeld uitgespreek omdat Onderstepoort glo teen wit aansoekers om toelating diskrimineer. Hy meen ’n oplossing is om meer wit mense toelating te gee, maar met die voorwaarde dat hulle in herkouers spesialiseer om die tekort in die landbou aan te vul.
10 Februarie 2012