AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kommer oor chemikalieë in kos

Die besmetting van voedsel met chemikalieë weens besoedelde water is ‘n groter probleem as E.coli-besmetting, sê wetenskaplikes.

Met die kommer oor die besmetting van voedsel met E.coli weens die storting van riool in water, sê dr. Anthony Turton, ‘n kundige in water- en omgewingsake, hy meen besmetting weens chemiese besoedeling van water is ‘n groter probleem.


Luidens ‘n berig in Beeld  (18 Oktober) het mnr. Noel van Zyl, hoofaankoper van Interfruit - wat varsprodukte aan Woolworths lewer - gesê hy is bekommerd oor toekomstige voedselproduksie, veral rondom rioolbesoedeling en die voorkoms van E.coli. Hy het tydens ‘n vergadering van die navorsingsnis vir die kulturele dinamika van water by die Noordwes Universiteit se Vaaldriehoekkampus, gepraat.


Van Zyl het aan Landbou.com gesê hulle het nog nêrens E.coli op varsprodukte gevind nie, maar as hulle sou, sal hulle kontrakte met die betrokke produsente moet stopsit, wat ‘n kettingreaksie van probleme tot gevolg sal hê.  Hy sê as die besoedelingsituasie vir die volgende vyf tot 10 jaar voortgaan, groot probleme gaan ontstaan.


Wat doen E.coli?

Turton sê E.coli is bakterieë wat in die spysverteringskanale van die menslike liggaam voorkom en uitgeskei word. Hy sê dit is nie goed vir die liggaam na uitskeiding nie, maar meer belangrik kan dit help om goedkoop toetse te doen vir ander meer gevaarlike bakterieë wat deur rioolbesoedeling veroorsaak word.


Chemiese besoedeling

Turton is egter meer bekommerd oor chemiese besoedeling, soos radio-aktiwiteit, en die uitwerking wat dít op voedselproduksie, asook die landbou- en mynboubedrywe, die Regering en die verbruiker kan hê.


Hy meen dié bedrywe moet belê in onafhanklike navorsing oor die invloed van die besoedeling van water deur myne, chemikalieë en rioolstorting op menslike gesondheid asook voedselproduksie kan hê. “Dit sal help om die kredietwaardigheid van die land se voedselproduksie en vermoëns te herstel.”


Die “Tooth Fairy”-studie

Turton meen ‘n “Tooth Fairy”-studie, soos wat in 1959 in Amerika gedoen is, is nodig om radio-aktiwiteit te bepaal. Hy sê met dié studie is moeders gevra om hul kinders se melktande, in te stuur.


“Kinders is baie vatbaar vir kalsium, en radio-aktiewe stowwe stem baie met kalsium ooreen. Hul liggame neem dit dus makliker op en dié metode is ‘n maklike en praktiese manier om menslike materiaal te kry om te toets,” vertel Turton.


‘n Tweede studie wat Turton voorstel is ‘n lot-en-roete-studie. Daarmee kan bepaal word wat gebeur binne ‘n voedselketting en wat die uiteinde (lot) vir die laaste deel in die ketting is.


“Byvoorbeeld as ‘n ryer alge van ‘n besoedelde dam sou eet en vrek, kan die pad van besoedeling van die ryer af terug na die dam, die alge en die bron van besoedeling gevolg word om dit te probeer keer,” verduidelik hy.


19 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.45
+0.4%
Rand - Pond
22.65
+0.0%
Rand - Euro
19.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
976.15
+0.4%
Palladium
1,392.68
-1.0%
Goud
1,941.48
+0.1%
Silwer
22.40
+0.0%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,496
+1.0%
Alle aandele
74,972
+0.9%
Hulpbronne 10
65,100
-0.9%
Industriële 25
101,369
+1.6%
Finansiële 15
15,349
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hoop om die regte een te vind
Ek is n middeljarige man wat nog graag die meeste wil maak van die jare wat ek oor het. Ek het vele belangstellings en beskou die lewe as n avontuur. Ek is opsoek na iemand wat...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot