AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Kommer oor groter sprinkaanswerms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die eerste sprinkane ná die jare lange droogte is einde Oktober 2020 naby De Aar opgemerk. Foto: Charné Kemp
Die eerste sprinkane ná die jare lange droogte is einde Oktober 2020 naby De Aar opgemerk. Foto: Charné Kemp
Hoewel voorspellings van ’n nat somerseisoen boere meesal optimisties stem, is die gepaardgaande vooruitsig van uitbrekings van verwoestende sprinkaanplae onwelkome nuus.

Agri SA het vroeër sy kommer in ’n verklaring hieroor uitgespreek. Hy het ’n vergadering vandeesweek met die minister van departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling belê het oor die gereedheid om die plaag te bestry.

Volgens mnr. Johan van den Berg, onafhanklike weerkundige, word gemiddelde tot bogemiddelde reënval in die volgende twee maande in die somerreëngebied voorspel. Die westelike gedeeltes in die Namakwa-streek kan buie verwag, hoewel die meeste reën vanaf Desember sal uitsak.

Me. Andrea Campher, Agri SA se risiko-en-rampbestuurder, sê hulle is uiters bekommerd oor sprinkaanuitbrekings nadat twee goeie reënseisoene gunstige toestande vir sprinkane geskep het.

Boonop het meer as 300 000 ha veld in die Noord-Kaap in die afgelope weke afgebrand. “Sprinkane kan die groen uitgroeisels opvreet en verder skade veroorsaak. Sprinkane vreet juis aan gras en groen gewasse, wat grootskaalse verwoesting kan meebring.

“Die drie Kaap-provinsies en Namibië het reeds uitbrekings bevestig. Die betrokke georganiseerde landbouorganisasies werk vanjaar baie goed met buurlande saam om uitbrekings aan te meld om dit vroegtydig te bestry.”

23 miljoen ha

In die vorige seisoen is 23 miljoen ha deur die plaag geraak, wat die ergste in 25 jaar was. Sowat 90% hiervan was landbougrond.

“Indien die sprinkane in die voetgangerstadium nie onder beheer gebring word nie, kan die verlies nog groter as die vorige seisoen wees. Die sprinkane het in die vorige seisoen in gebiede soos Kirkwood waar hulle jare laas opgemerk is, eiers gelê.

“Uitbrekings gaan die hoogte inskiet. Dit is noodsaaklik om die voetgangers te bekamp voordat hulle vlieërs word en dit besonder moeilik raak om hulle te bespuit. Boere en amptenare was in Maart en April vanjaar verplig om die insekte vanuit die lug te bespuit. Dit was doeltreffend, maar duur. In gebiede waar gewasse verbou word, kan sprinkane opbrengste erg benadeel.”

Kontrakte

Sommige sprinkaanbeamptes het reeds sprinkane begin bespuit al is van hul kontrakte nog nie bevestig nie.

Agri SA het op 2 November ’n dringende vergadering met me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en mnr. Mooketsa Ramasodi, haar direkteur-generaal, belê om onder meer die kontrakte met springkaanbeheerbeamptes en ander belanghebbendes te bevestig.

Die kontrakte moes reeds op 1 September afgehandel gewees het. “Ons is dankbaar dat die tariewe vir brandstof en slytasie wat sedert 2013 dieselfde gebly het, nou verhoog is. Ons moet ook bevestig hoeveel insekdoder aangekoop is, want niemand kan bekostig dat dit opraak nie. Verlede jaar is R80 miljoen aan sprinkaanbekamping bestee.

“Ander kwessies is die aankoop van spuittoerusting, die verspreiding van beskermingstoerusting vir beamptes en die opleiding van nuwe beamptes.”

Campher sê nog ’n kwelling is die vermoë om eise spoedig uit te betaal en om ’n oop kommunikasiekanaal te handhaaf sodat probleme bevredigend opgelos kan word.

Intussen word opleiding deur die provinsiale georganiseerde landbou-organisasies op plaaslike vlak gedoen. Grondeienaars is ingevolge wetgewing verplig om enige sprinkane wat hulle gewaar, aan te meld.

“Agri SA en sy affiliasies doen alles moontlik om boere te beskerm teen die ergste gevolge van die uitbrekking. Dit sal help dat verbruikers minimale ontwrigting van voedselvoorrade ervaar.”

Dr. Gerhard Verdoorn, rentmeesterskapbestuurder by Croplife SA, sê hoewel daar reeds groot uitbrekings in Namakwaland, Boesmanland en in die Oos-Kaap by plekke soos Kookhuis, Cradock, Jansenville en Uitenhage aangemeld is, is die uitbrekings vergeleke met die ooreenstemmende tyd verlede jaar nie so groot nie. “Dit is asof die goeie reën en laer temperature die uitbrekings demp. Namate die somertemperature styg, gaan die uitbrekings egter vererger. Die grootste kommer is dat die sprinkane die afgelope seisoene oor die Kaap-provinsies heen versprei het en ’n groot bedreiging vir gewasboere inhou. Die veld kan tot ’n mate herstel wanneer sprinkane dit verswelg het, maar nie gewasse nie.

“Alle boere moet gereed staan en dadelik sprinkane aanmeld. Hulle kan ook meer inligting oor waar die sprinkane is en bygaande foto’s aan my stuur om dit aan te meld.”Verdoorn se nommer is 082 446 8946.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot