AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Kommer oor hondsdolheid by jakkalse

Hondsdolheid het weer sy kop in KwaZulu/Natal uitgesteek en kommer bestaan dat jakkalse dit kan versprei.

Dié gevreesde siekte het weer in KwaZulu-Natal kop uitgesteek, sê mnr. Kevin le Roux, hoof van die hondsdolheid uitwissing-eenheid by die Allerton-laboratorium in Pietermaritzburg.

Dit volg nadat drie mense in 2012 aan die siekte gesterf het. “Ons het ná die 2012 uitbraak ’n omvattende program geloods om alle honde in die provinsie teen hondsdolheid in te ent en dit was baie suksesvol. In 2014 was daar slegs 38 honde wat hondsdolheid onder lede gehad het. Die afgelope twee jaar is geen mens met hondsdolheid besmet nie.

“Ons het egter in 2012 verwag dat dit nie die einde van hondsdolheid by jakkalse is nie,” sê Le Roux.

Hul verwagtinge het ongeveer ses weke gelede waarheid geword toe twee jakkalse by Wadrif naby Estcourt gevind is wat besmet was met hondsdolheid. “ ’n Derde jakkals is onlangs naby Mooirivier gevind wat ook hondsdolheid onder lede het. Dit is ’n suidelike beweging van besmetting van bykans 130km van die oorspronklike plek waar hondsdolheid in 2012 opgeduik het. Ons aanvaar dus dat die ganse Middelland van KZN nou ’n gevaarsone is,” waarsku Le Roux.

Volgens Le Roux het die jakkalsbevolking oor die laaste dekade aansienlik toegeneem en boonop is die jakkals ’n goeie gasheer vir hondsdolheid.

Hy vermoed dié siekte het suid teen die Drakensberge en ook suid-oos in die oerderygebied versprei. “Tans kan ons nie veel doen om die verspreiding van die siekte in jakkalse te keer nie. In Europa is entstowwe geaas om vosse teen die siekte in te ent en dit was baie suksesvol, maar in Suid-Afrika hou hierdie metode ’n groot gevaar vir die mense op die platteland in."

* Kontakbesonderhede: Staatsveearts: Umgungundlovu: 033 3476245, Uthukela (Estcourt): 036 3523119 Uthukela (Ladysmith): 036 6346300

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot