AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kommer oor onwettige waterverbruik

Tot soveel as 40% van die waterverbruik deur nywerhede en boerderye langs die Vaalrivier stroomop van die Bloemhofdam is moontlik onwettig.

Tot soveel as 40% van die waterverbruik deur nywerhede en boerderye langs die Vaalrivier stroomop van die Bloemhofdam is moontlik onwettig.

Mnr. Ashwin Seetal, ’n waterbestuurspesialis en konsultant vir die Departement van Waterwese, het op ’n besproeiingskonferensie van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut en Sasol Nitro op Villiers gesê tot soveel as 203 miljoen kubieke water word jaarliks moontlik onwettig uit dié deel van die Vaalrivier onttrek.


Die aantal eiendomme langs die rivier waarop water onwettig verbruik word, is sowat 1 100.


Boerderye dalk in die sop

“Aangesien die landbou 60% van die land se water benut, kan ’n mens aanvaar dat die meeste van dié eiendomme boerderye is. Dit is ook makliker om waterverbruik by nywerhede te beheer. Faktore, soos die soort besproeiing wat boere gebruik en die soort gewasse wat verbou word, maak dit moeiliker om waterverbruik in die landbou te bepaal.”


Seetal sê in die Bo-Vaal-opvangsgebied, tussen die omgewing waar die Vaalrivier ontspring en Parys, is daar 877 onwettige verbruikers en in die Middel-opvangsgebied, tussen Parys en die Bloemhofdam, is daar 190.


Langs die hele Vaalrivierstelsel is altesame 8 508 besproeiingsplase, waarvan 1 200 moontlik water onwettig verbruik. Seetal sê kwessies, soos water en die omgewing, is altyd omstrede en ontlok altyd skerp emosies waar en wanneer daaroor gepraat word.


“Dit help nie om daarvan weg te skram nie. Kommunikasie en wedersydse vertroue is die hoekstene vir ’n suksesvolle waterbestuursproses waarby almal kan baat vind. Verbruikers moet met die department oor hul vrae en bekommernisse skakel.”


Hy waarsku dat registrasie nie ’n lisensie of bevestiging van wettige waterverbruik is nie. Registrasie was bloot ’n proses om te sê wie jy is, waar jy water verbruik, hoeveel water jy verbruik en waarvoor dit gebruik word.


Prosesse moet gevolg word

“Bestaande wettige gebruik” is die gebruik in die twee jaar voor die nuwe Waterwet in werking getree het en dit moes gemagtig gewees het deur wetgewing wat in daardie tyd gegeld het. Ná registrasie volg daar ’n bekragtigingsproses waar die departement deur sy eie prosesse soos afstandswaarneming, besoeke aan plase en topografiese studies die land se waterverbruikers, waterbronne en soort verbruik bepaal.


Daarna volg ’n verifikasieproses waarin die departement bepaal of verbruik wettig is of nie, of verbruikers dalk bykomende inligting of bewyse moet voorsien en dan finaal besluit word oor die toestaan van ’n lisensie.


“Elke aspek van water is potensieel plofbaar, maar wêreldwyd is die optimale benutting van water vir maksimum produksie ’n voorrangsaak. Almal moet die prosesse aanvaar en onderling saamwerk om dit deur te voer,” sê Seetal.


23 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot