AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kommer oor Polisie in Noordwes

Groot kommer heers onder boere in Noordwes oor dienslewering by polisiekantore.

Dit is ’n algemene verskynsel dat die polisiekantoor op Bray daagliks net tussen 08:00 en 16:00 oop is, en lede van die publiek wat die noodlyn bel, bitter selde antwoord kry. Dít is een van die frustrasies wat boere tydens Agri Noordwes se mediatoer aan joernaliste vertel het.

Mnr. Jan du Preez en sy vrou, Naomi, boer op die plase Janomi en Mayfair wat naby aan die Botswana-grens is. Hy sê dit is altyd ’n groot uitdaging om die polisie sover te kry om op klagtes te reageer. Hy het tans 21 sake by die polisie wat nog nie opgelos is nie.

Du Preez sê grensbewaking is ook baie swak. “Altesaam 95% van die bierblikke wat langs die pad na die grens toe lê is dié van polisiebeamptes wat ‘kastig’ die grenspad patroleer.” Die staat is van plan om lede van die Weermag in 2013 teen die Bostwana-grens te ontplooi, maar Du Preez vra: “Wat wil hulle hier kom maak? Net ons geld (belastinggeld) mors en nóg bierblikke rondgooi?”

Telefone dood
Boere van Tosca en Zeerust het ook hul kommer duidelik gemaak. Mnr. Flip le Roux, ondervoorsitter van Agri Noordwes en voorsitter van die Wildebeeshoorn-boerevereniging, sê die Boshoek-polisiekantoor wat die naaste aan hulle is, kan ook nooit per telefoon bereik word nie. “As daar moeilikheid is, moet ons maar self ’n plan maak.”

Le Roux vertel dat hy die kantoor eendag moes besoek, maar niemand by die klagtetoonbank kon kry nie. “Hulle was besig om snoeker te speel agter in die kantoor. Ek moes maar agter die stemme aanloop, en toe hulle my sien toe sê hulle ek moet maar inkom, hulle speel nou eers ’n spel klaar. Hoe moet ons só funksioneer?”

Zeerust buite bereik
Intussen vertel mnr. Naudé Pienaar, algemene bestuurder van Agri Noordwes, aan Landbou.com hy kon op ’n weeksaand nie by die klagtekantoor by die polisiekantoor in Zeerust inkom nie. Hy sê hulle het al gereeld by die provinsiale kantoor gekla dat hulle nie die polisiekantoor per telefoon kan bereik nie en dat dit gesluit is.

Volgens Pienaar is die kantoor wel nie gesluit nie, maar hy kon dié aand nie by die kantoor inkom nie as gevolg van stoele wat voor die deur geplaas is. Die vensters in die voordeur is ook met stukke karton toegemaak sodat hy nie by die kantoor kon inkyk nie, maar hy kon wel die beamptes binne die kantoor hoor en het tervergeefs na hulle geroep. “Ek het foto’s geneem en dit vir die senior beamptes gestuur.”

In reaksie op die boere se klagtes het mnr. Boeta du Toit, hoof uitvoerende beampte van Agri Noordwes, gesê: “Ons sal moet kyk om dit eenvoudig net te maak werk. Ons sal aanhou baklei vir ons regte; ons moenie gaan lê nie.”

Landbou.com wag tans op terugvoer van die polisie oor dié klagte. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot