
Die tyd het duidelik aangebreek dat kommersiële boere weer hulle eie kommersiële landbou-organisasie op die been moet bring, skryf mnr. Fanie Brink, 'n landbou-ekonoom.
Hy het kommentaar gelewer op die berig, Staat wil nuweboere maak met R2000/boer.
In sy kommentaar skryf Brink: “Die probleem dat die Departement nie meer geld wil beskikbaar stel nie is omdat daar dan te min beskikbaar sal wees om te steel soos wat met die droogtehulp vir swart boere gebeur het.
'Regering misbruik wit boere'
“Die ontwikkeling van swart boere sal nooit slaag nie omdat die ANC-Regering te “wise” is en daarom nie wit landboukundiges se hulp nodig het nie, maar hulle misbruik wit kommersiële boere om hulle vuilwerk vir hulle te doen.
“Dit terwyl hulle alles waaraan hulle raak, vernietig. Dit is totaal onverstaanbaar hoekom die georganiseerde landbou nog langer met hierdie korrupte Regering wil saamwerk.
'Vra die Regering vir finansiering'
“Ek is nou op die punt dat ek nie langer meer my hart en verstand kan minag nie en daarom sê ek dat as die georganiseerde landbou nog langer wil aanhou om hierdie Regering, wat nie eers meer ‘n bestaansreg onder sy eie mense het nie, te ondersteun en van suiwer kapitalisme, waardeur die winsgewendheid en volhoubaarheid van die kommersiële landbou beskerm en ondersteun moet word, nader aan ‘n sosialistiese en kommunistiese ekonomiese stelsel wil beweeg, dan moet hulle die Regering versoek om hulle te finansier.
“Die georganiseerde landbou kan nie langer aanhou om die kommersiele boere aan hierdie Regering uit te verkoop nie. Die tyd het duidelik aangebreek dat kommersiële boere weer hulle eie kommersiële landbou-organisasie op die been moet bring."
Brink vra voorts wat het die georganiseerde landbou gedoen aan die feit dat die Regering nie eers ‘n plan vir die toekoms van die kommersiele landbou het nie?
Hy sê "die enigste funksie van die georganiseerde landbou is die bevordering van die winsgewendheid van kommersiële voedselproduksie want daar bestaan geen ander manier in die wêreld hoe voedselsekerheid vir die land volhoubaar kan wees, ongeag wat die Regering se beleid is nie."
• Neem deel aan die meningsopname op ons webwerf oor die saak. Dis net regs van hierdie artikel.