AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kommunale grond kwesbaar vir onteiening

Kommunale grond kan ook onteien word en dit kan probleme vir inwoners van dié gebiede inhou.

Die uitdeel van titelaktes in kommunale gebiede onder beheer van tradisionele leierskap sal betekenisloos wees as die Regering hom nie daartoe verbind om nooit dié grond te onteien nie.

Prins Mangosuthu Buthelezi het die moontlike gevare wat die wysigingswetsontwerp op onteiening én die voorgestelde wetsontwerp op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond inhou, aan die Amakhosi (tradisionele leiers) op ’n konferensie van die Ingonyama-trust uitgelig.

Die Zoeloe-koning, koning Goodwill Zwelithini, is die enigste trusteelid van die Ingonyama-trust en die grootste grondeienaar in KwaZulu-Natal. Tradisionele leiers het vroeër versoek dat die onteiening van kommunale grond, wat onder tradisionele leierskap is, buite die trefwydte van die onteieningswetsontwerp gelaat moet word. Hierdie versoek is nie toegestaan nie.

“Daar is ’n definitiewe gevoel dat geen ware verbintenis in die gesig van ’n klaarblyklike bedreiging gemaak word nie. As kommunale grond onteien word, sal ons gemeenskappe ly,” het Buthelezi gesê.

Bedreiging

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), meen die voorgestelde onteieningswet hou moontlik ’n bedreiging in vir die lewensbestaan van diegene wat op grond woon wat in besit van tradisionele leiers is.

Sy verduidelik sukkelende munisipaliteite kan byvoorbeeld besluit om gemeenskapsgrond naby stede vir goedkoop behuising of ander doeleindes te gebruik. Die definisie van onteiening wat eers teen einde verlede jaar ingevoeg is, verhoog verder die risiko dat die Regering beheer van die grond kan neem sonder om vergoeding daarvoor te betaal, deur dit onder sy voogdyskap te plaas. Die wye definisie vir eiendom soos vervat in Artikel 25 van die Grondwet, word as definisie gebruik.

Landbouwet

Op sy beurt wil die voorgestelde wetsontwerp op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond sien dat alle landbougrond onder die voogskap van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye moet kom. Dié voorgestelde wetgewing en die een vir onteiening maak dit albei moontlik vir die regering om plaasgrond sonder vergoeding onder sy voogdyskap te plaas.

Jeffery verduidelik dat indien alle kommunale grond onder die voogdyskap van die departement geplaas word, is dit onwaarskynlik dat tradisionele leiers vergoeding vir die inkorting van hulle huidige regte op die grond sal kry. Die voogdyskap deur die Regering oor dié grond kan hom ’n bykomende instrument bied om politieke beheer te hê oor die tradisionele leiers en die mense onder hulle gesag. Die voorsitter van die Ingonyama-Trust kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
+0.2%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.53
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,700.21
+0.0%
Silwer
20.90
+0.9%
Palladium
2,254.50
+1.4%
Platinum
910.50
+0.7%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
57,850
0.0%
Alle aandele
64,227
0.0%
Hulpbronne 10
61,646
0.0%
Industriële 25
77,524
0.0%
Finansiële 15
13,815
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot