AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kommunale veeboere kry gesogte herlewingsertifisering

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sertifisering bring hoop vir die oplewing van die grasvelde in voormalige tuislande in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
Die sertifisering bring hoop vir die oplewing van die grasvelde in voormalige tuislande in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
Drie kommunale gemeenskappe in die Oos-Kaap kon toon dat geen struikelblok te groot is om herlewingsbeginsels in hul boerdery toe te pas nie.

Drie gemeenskappe, Mceula, Zangqokwe en Kamastone, van die distrik Hewu in die voormalige Ciskei in die Oos-Kaap het hul Ecological Outcome Verification-(EOV) sertifisering van die Savory-instituut verkry. Dit toon dat hul grond herleef danksy die boerderymetodes wat hulle aanwend. Volgens mnr. Rolf Pretorius, uitvoerende hoof van die Olive Leaf-stigting, bewys die boere dat dit moontlik is om dit te vermag, ongeag die vele struikelblokke in kommunale veeboerderye.

“Deur die EOV te verkry, toon die wolproduserende gemeenskap ons hoe om die herlewingsreis te begin: met een klein tree op ’n slag. Deur in die regte rigting te beweeg, ongeag die struikelblokke.”

Die stigting staan sedert 2014 veeboere in gemeenskappe by om saam te staan om hul grond te verbeter en só die produktiwiteit daarvan te verbeter. Die mikpunt was vir die grond om te herleef, maar hulle was nie seker of dit moontlik is nie.

“Dit het ons twee belangrike lesse geleer – dat mense wat saamwerk vir ’n gemeenskaplike doel, kragtige skeppers van verandering is en dat die grond ’n stem het en dat ons moet aandag gee aan wat dit sê.”

Die gemeenskappe gebruik herders om al die vee, hoofsaaklik skape en beeste, in een trop en volgens ’n holistiese weidingsplan te bestuur. Die gemeenskappe het onder meer begin om drade op te rig om dit te vermag. Vee-eienaars kry deurlopend opleiding oor hoe om na hul vee om te sien.

Volgens mnr. Ayanda Mrwebi, ’n projekbestuurder en inwoner van Mceula, beteken dié sertifisering baie vir die gemeenskappe.

“Nou kan ons ons wol teen beter pryse verkoop en ons kan ons vleis regstreeks aan restaurante verkoop wat op soek is na so ’n produk.”

Die doel is om die gesertifiseerde herlewingswol aan ’n nismark te verkoop teen ’n premieprys en daar is tans gesprekke met verskeie groot groepe in die modebedryf, sê Pretorius.

EOV

Pretorius benadruk dat die term “herlewend” in gewildheid toeneem soos wat mense maniere soek om die klimaatsverandering wat die aarde bedreig, aan te pak. “Daar moet egter ’n betroubare standaard gevind word om die herlewing van grond te definieer om die misbruik van die term te voorkom. Die EOV bied wetenskaplike bewyse vir grondherlewing.”

Twee kommersiële boere en drie kommunale gemeenskappe het reeds die EOV-sertifisering ontvang.

Die EOV-protokol meet uitkomste vir biodiversiteit, grondgesondheid en ekostelselfunksie in grond. Die resultate moet jaarliks ingedien word.

“Dit beteken die grond toon bewyse van verbeterde biodiversiteit, beter waterhouvermoë en meer beskikbare weiding. Op sy beurt verbeter dit die gehalte en hoeveelheid van die wol, ’n belangrike faktor in die bestaanskeonomie, waar ’n beter woltjek ’n beduidende inpak het.”

TruQuest, die Savory-instituut se arm in Suid-Afrika, is besig om EOV reg oor die land te vestig. Daar is nou 12 grondbasisse met ’n EOV-basislyn waarvandaan data jaarliks ingesamel word. Om as ’n herlewingsgrondbasis gesertifiseer word, moet EOV-basislynplekke eers gevestig word vir die insamel van data en die neem van grondmonsters.

Hierna sal data jaarliks ingesamel word van die basislynplekke en in ’n globale databasis ingevoer word vir vergelykings. Grond wat gunstige neigings toon, ontvang EOV-sertifisering en dit sal vermag word deur te verander hoe die grond bestuur word en deur herlewingsgrond- en veepraktyke konsekwent toe te pas.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.18
-0.3%
Silwer
20.60
-0.2%
Palladium
2,273.90
+0.7%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot